ValentynsdagVoorbeeld

Valentine's Day

DAG 2 VAN 3

ONVOORWAARDELIK

“... Met 'n ewige liefde het Ek jou liefgehad; daarom het Ek jou in troue liefde nadergetrek." 

– Jeremia 31:3 AFR20

Vandag en elke dag het die hemelse Vader jou lief met sy onvoorwaardelik liefde. Sy liefde is onverganklik en duur tot in ewigheid. Hy is voortdurend getrou, en sy onfeilbare liefderyke goedhartigheid is deur sy woorde en dade sigbaar. Sy liefderyke goedhartigheid is 'n uitdrukking van die liefde en goedhartigheid in sy hart, wat dikwels aan sy kinders betoon word. Hy het jou geken voordat jy in die moederskoot was. Voordat jy jou eerste asemteug geneem het, het Hy gekies om sy liefde oor jou uit te stort en gaan Hy voort om dit te doen.  

Dit is soos twee magnete wat na mekaar aangetrek word wanneer hul teenoorgestelde pole bymekaar kom, en dit dan moeilik is om hulle te skei. Wanneer ons Hom nader en ons harte vir Hom oopmaak en dit deursigtig word, dring sy liefde tot in die dieptes van ons wese. Dit verdryf alle hartseer en vrees.  

Daar is geen plaasvervanger vir die opregte uitdrukking van liefde deur ons hemelse Vader nie. Om geliefd te wees en aanvaar te word, is die diepste verlange wat ons almal najaag en begeer. Om deur 'n volmaakte Vader wat aan ons kant is en nie teen ons is nie, geken en liefgehê te word, is die ideale omstandigheid. Hy wil hê dat ons Hom moet ken en in sy weë moet wandel. 

Bid hierdie gebed saam met my:  

Vader, 

Ek dank U dat U my met 'n ewige liefde liefhet. Selfs voordat ek my eerste asemteug geneem het, het U my geken, en elke dag kies U om u liefde op my uit te stort. Mag elke klop van my hart in pas met u hart klop. Trek my voortdurend nader aan U sodat ek u weë kan leer ken. Wys my hoe om ander lief te hê soos U hulle liefhet en mag my lewe u goedheid en goedhartigheid in my dade en woorde weerspieël.

In die Naam van Jesus. Amen. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Valentine's Day

Valentynsdag kan vir party van ons 'n moeilike tyd wees. Ons is dalk in 'n lewenstydperk waar ons nie in 'n verhouding is nie, maar graag wil wees, wat 'n paar ongemaklike gevoelens kan laat ontstaan. Laat ons toe om oor die volgende drie dae, ongeag wat jou verhoudingstatus is, jou hart bemoedig met die OORVLOEDIGE, ONVOORWAARDELIKE, KALMERENDE liefde van God.

More

Ons wil graag CBN Europe bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cbneurope.com/yv