ValentynsdagVoorbeeld
OORVLOEDIG
"Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook ..."
– 1 Johannes 3:1
Of jy dit weet of ten volle verstaan, die waarheid is dat God — die Skepper van die heelal — vir jou en my onvoorwaardelik liefhet. Dit is sy keuse om elke dag sy oorvloedige en buitensporige liefde op ons uit te stort. Dit is sy begeerte dat ons harte daagliks oop sal wees om sy enorme en ontsaglike liefde vir ons te begryp. Dit is die grondslag van ons geloof om die breedte en lengte, die hoogte en diepte en die geweldige omvang van sy wonderbare liefde vir ons te ken. Dis om die liefde te ervaar van 'n volmaakte Vader wat beloof: "Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie."
– Hebreërs 13:5
Hierdie woorde is nie leë beloftes nie. Hulle is die waarheid. Dit is 'n uitdrukking van die hemelse Vader wat sy kinders liefhet en die beste vir hulle wil hê. Sy liefde is die kern van sy hart teenoor ons; Hy wil graag hê dat ons dit in ons lewens mag ken en ervaar.
Bid vandag hierdie eenvoudige gebed saam met my:
Vader,
Ek dank U dat U my daagliks met u liefde oordek en my onvoorwaardelik liefhet. Ek is vir ewig daarvoor dankbaar. Dankie vir die waarheid van u Woord dat U my nooit sal verlaat of versaak nie. U belowe dat U my nooit sal teleurstel of u greep op my sal verslap nie. Mag ek rustig wees in die wete dat U die volmaakte Vader is wat my belange op die hart dra. Help my om die grootheid van u liefde te ken en te verstaan. Dankie dat ek kan rus in die versekering dat U my Vader is en my toekoms veilig in u hande is.
In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Valentynsdag kan vir party van ons 'n moeilike tyd wees. Ons is dalk in 'n lewenstydperk waar ons nie in 'n verhouding is nie, maar graag wil wees, wat 'n paar ongemaklike gevoelens kan laat ontstaan. Laat ons toe om oor die volgende drie dae, ongeag wat jou verhoudingstatus is, jou hart bemoedig met die OORVLOEDIGE, ONVOORWAARDELIKE, KALMERENDE liefde van God.
More