Karakter OefeningVoorbeeld
![Character Practice](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25479%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Oefen Volharding Sodat Jy Nuwe Doelwitte Kan Bereik
Hierdie leesplan beloof om jou gereed te kry vir enigiets deur jou karakter te help oefen. Is jy dus gereed? Gereed vir enigiets?
Jy het dalk 'n bietjie meer oefening nodig. As jy God vra om sy karaktertrekke in jou in te bou en jy het die uitdagings in elke oordenking voltooi, dan is jy op jou pad om iemand te word wat gereed is vir enigiets wat die lewe in jou rigting kan stuur!
Op die laaste dag van hierdie leesplan gaan jy fokus om sekere doelwitte te stel sodat jy nie moed verloor gedurende hierdie reis van karakter-oefening nie.
Goeiste — die wyse ou het baie wysheid hier teen die einde kwytgeraak. Het jy alles gehoor?
Christus gee jou die krag om te fokus op dit wat voor jou is. Christus gee jou die krag om teen die berge uit te kom en die krag om weer op te staan wanneer jy val. … Sy krag gee jou passie en volharding. Jy hoef nie terug te staan vir die moeilike dinge nie, want: "Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee" (Filippense 4:13). Jy kan volharding hê.
Jy is gereed vir enigiets wanneer jy só lewe.
Vra jouself af: Wat weerhou jou daarvan om die doelwitte wat jy weet God in jou hart geplaas het met volharding na te jaag?
Daag jouself uit: Dink terug aan dag twee se uitdaging. Jy was veronderstel om met 'n nuwe gewoonte te begin wat jou sou help om die Goddelike karaktertrek te ontwikkel wat jy meer in jou lewe wil toepas. Hoe vorder jy daarmee? Het jy volharding nodig om aan te hou probeer? Werk die doelwit nie so goed uit nie? Moet jy dalk 'n nuwe doelwit opstel wat jou kan help om die karaktertrek te bou? Vandag se uitdaging is om te volhard! Dit mag jou jare neem om 'n karaktertrek te ontwikkel wat nie vir jou natuurlik is nie. Sommige mense het 'n vinnige humeur, maar God kan geduld in hulle ontwikkel. Mettertyd en met volharding, kan God wonderlike werk in jou ook doen. Moenie moed verloor nie!
Gebed: Vader, dankie vir die werk wat U in my begin het. Help my om nie moeg te word om te doen wat reg is nie. Help my om doelwitte te stel wat my sal help om te bereik waarvoor U my geroep het om elke dag vir die res van my lewe te doen. In die Naam van Jesus. Amen.
Wag, voordat jy gaan, kyk na nog wonderlike videosnitte van "The Loop Show"!
Aangaande hierdie leesplan
![Character Practice](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25479%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Is jy gereed? Gereed vir enigiets? As jy gereed wil wees vir meer vryheid, meer vertroue en meer onafhanklikheid, dan moet jy dit inoefen. Waarvoor moet jy oefen, vra jy? Oefen om met 'n Goddelike karakter te lewe! Hierdie ses-dag leesplan met videosnitte van "The Loop Show" sal jou leer om karaktereienskappe soos eerlikheid, nederigheid, volharding — Goddelike karakter — in te oefen sodat jy vir enigiets gereed sal wees.
More