Karakter OefeningVoorbeeld

Character Practice

DAG 2 VAN 6

Oefen Karaktertrekke Sodat Ander Jesus Kan Sien

Goed, gister het jy geleer dat die Goddelike karakter baie lyk soos die eienskappe van God se liefde. Dit sluit geduld, goedhartigheid, om nie vinnig kwaad te word nie, ensovoorts in. Bowenal, dit verduur alles sonder ophou.

Wanneer ons besluit om Jesus te volg, wil ons hê ander mense moet dit weet — dus wys ons dit! Dit is soos om 'n gunsteling sportspan te hê, want dan is dit pret om 'n trui te dra wat hulle verteenwoordig. Jy wil hê almal moet weet dat jy 'n ondersteuner of deel van daardie span is.

Tydens ons oefening om met 'n Goddelike karakter te leef, is dit asof ons Jesus en sy span verteenwoordig! Vandag se leesstuk uit 2 Korintiërs leer ons dat ons roeping is om ambassadeurs vir Christus te wees. Met ander woorde, ons praat namens Hom. Ons help om vir die wêreld te wys wie God is!

Sal ons Jesus altyd goed verteenwoordig? Ongelukkig nie. Ons sal êrens verbrou. Ons sal ongeduldig wees, onvriendelik, vinnig kwaad word, en soms die teenoorgestelde van liefde wees. Dan onthou ons wie ons verteenwoordig. Ons vra om vergifnis vir diegene wat ons seergemaak het. Ons stryk ons "Jesus-span" trui en doen ons bes om Hom weer eens te volg en te verteenwoordig.

Onthou dit is nie net om te probeer om 'n aangename mens te wees nie. Dit is om op die krag van die Heilige Gees te leun en sy leiding te volg, nie jou eie talente en "goedheid" nie.

Dit gaan baie oefening verg!

Vra jouself af: Watter een kragtige Goddelike karaktertrek sal jy meer dikwels wil gebruik? Selfbeheersing? Nederigheid? Dankbaarheid? Vriendelikheid? (Daar is nog meer — kyk na gister se leesstuk in 1 Korintiërs vir nog karaktertrekke).

Daag jouself uit: Jy weet wat om te doen. Neem jou antwoord op die bogenoemde "Vra jouself af"-vraag en beoefen dit vandag! Wil jy meer selfbeheersing hê? Wanneer jy in die versoeking kom om iets te doen wat jy weet jy nie moet doen nie, tel stilweg tot by 10 en vra: "Heilige Gees, help my nou asseblief" — en maak hierdie kort gebed 'n gewoonte! Watter karaktertrek jy ook al wil ontwikkel, vind een maklike manier om vandag daardie Goddelike karaktertrek te begin oefen. Vra 'n getroue vriend of volwassene om te help indien jy nog idees wil hê hoe om dit te oefen!

Gebed: Vader, dankie dat U my leer hoe om in liefde te lewe. Help my om 'n goeie ambassadeur vir U te wees in alles wat ek sê, dink en doen. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Character Practice

Is jy gereed? Gereed vir enigiets? As jy gereed wil wees vir meer vryheid, meer vertroue en meer onafhanklikheid, dan moet jy dit inoefen. Waarvoor moet jy oefen, vra jy? Oefen om met 'n Goddelike karakter te lewe! Hierdie ses-dag leesplan met videosnitte van "The Loop Show" sal jou leer om karaktereienskappe soos eerlikheid, nederigheid, volharding — Goddelike karakter — in te oefen sodat jy vir enigiets gereed sal wees.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/