Karakter OefeningVoorbeeld
Oefen Om Eerlik Te Wees Wanneer Jy Praat
Vandag begin jy met 'n groot vraag. Gereed? Hier gaan ons.
Waarom jok mense?
Ai. Om te voorkom dat hulle uitgevang word as hulle iets slegs gedoen het. Om hulself op te bou. Om ander mense af te breek. Te veel antwoorde om op te noem, nê? Dit is ingewikkeld. Elke antwoord het te doen met verberg. Om die waarheid te verberg. Is dit 'n Goddelike karaktertrek om die waarheid te verberg? Geensins nie!
Oneerlikheid en om leuens te vertel wys nie die karakter wat jy graag wil wys nie. Dit bou ook nie die lewe van vertroue en vryheid wat jy wil hê nie. Kyk saam met 'n vriend na die video van "The Loop Show" deur Pastoor Nick. Hy wil jou 'n verhaal vertel van 'n tyd toe hy nie eerlik was nie.
God het die waarheid lief! Trouens, Jesus noem Homself die waarheid. Alles wat waar is se oorsprong is in Hom. Alles wat gebaseer is op die leuen kom van ons geestelike vyand, die duiwel, af.
Vertel leuens en kyk hoe jou verhoudings stadig uitmekaar val.
Wees iemand wat eerlik is — selfs al is dit moeilik — en jy sal iemand wees wie se verhoudings sterk sal bly. Vertel die waarheid en vra om verskoning indien jy 'n oneerlike oomblik gehad het. Vra vir God om vergifnis en jy sal dit kry! Mense respekteer 'n persoon met 'n eerlike karakter.
Wat is die beste soort eerlikheid? Wees iemand wie se eerlikheid in ooreenstemming met al God se karaktertrekke van liefde is.
Voorbeeld: is dit eerlik om te sê: "Ek dink jy is 'n dwaas om te glo wat jy glo?" Dit mag eerlikwaar wees wat jy dink. Is dit ook liefdevol? Uhm, nee. Wanneer jy die waarheid praat, maak seker jy doen dit met liefde. Dan sal jy bekend staan as iemand wie se eerlike karakter skyn.
Vra jouself af: Wanneer kom ek in die versoeking om 'n leuen te vertel?
Daag jouself uit: Elke keer in hierdie week wanneer jy in die versoeking kom om oneerlik te wees, stop dadelik. Neem 'n pouse. Vind 'n manier om in liefde die waarheid te praat. Beoefen liewer eerlikheid. Aanvaar die gevolge met volwassenheid. Kyk hoe versterk en groei die vertroue wat mense in jou het.
Gebed: Vader, dankie dat U my leer om in waarheid en eerlikheid te wandel. U is waarheid. Ek wil soos U wees, help my dus om met 'n eerlike karakter te lewe. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Is jy gereed? Gereed vir enigiets? As jy gereed wil wees vir meer vryheid, meer vertroue en meer onafhanklikheid, dan moet jy dit inoefen. Waarvoor moet jy oefen, vra jy? Oefen om met 'n Goddelike karakter te lewe! Hierdie ses-dag leesplan met videosnitte van "The Loop Show" sal jou leer om karaktereienskappe soos eerlikheid, nederigheid, volharding — Goddelike karakter — in te oefen sodat jy vir enigiets gereed sal wees.
More