Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld
Luister Aandagtig
Daar is 'n groot verrassing vir diegene wat dink dat om eenvoudig kerk toe gaan en deur 'n klein ritueel te gaan, hulle nader aan sal God bring, want die beste plek om ʼn verharde hart te kry, is in die kerk. Soos ek tevore gesê het, dieselfde son wat die was versag, verhard die klei.
Soos die Woord van God uitgaan, word sommige mense daardeur geraak, sommige word daardeur verander en ander word daardeur verhard, want hulle het geen begeerte om daarin te glo nie. Voordurende blootstelling aan die Woord van God doen eintlik meer skade as goed en in die einste plek waar hul verander kan word, is hul slegter daaraan toe as ooit tevore.
Bedoel ek dat sommige mense glad nie kerk toe moet gaan nie? Ja ... as hul geen begeerte het om toe te pas wat hulle hoor nie. Ons kan wonderwerke sien en die waarheid hoor, maar as ons nie die begeerte het om dit toe te pas nie, kan ons harte verhard word.
Iemand soos Judas Iskariot, wat 'n dubbele lewe gelei het, sal toenemend ʼn verharde hart ervaar. Judas het vir drie en ʼn half jaar saam met Jesus geloop en met Hom gepraat. Hy is deur die Here self gekies. Hy het gehoor hoe Christus sy grootste boodskappe gee. Judas het met sy eie ore die bergpredikasie en die Olyfberg gesprekke gehoor. Hy het gesien hoe Lasarus uit die dood opgewek is. Hy het gesien hoe blindes hul sig herwin het. Hy het gesien hoe dowes hul gehoor herwin het. Judas het die een wonderwerk na die ander gesien, maar sy hart het net harder geword.
Alhoewel Jesus geweet het wat gaan gebeur, het Judas uit sy eie wil die Here opsetlik verraai. Dit herinner ons daaraan dat die voorkennis van God nie die mens se verantwoordelikhede verander nie.
Die antwoord is dus nie om op te hou met kerk bywoning nie; dit is om te gaan met die begeerte om God te leer ken.
Ter opsomming: Is jy op soek na die waarheid wanneer jy kerk toe gaan?
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrifaanhalings kom uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More