Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld
In Sy Oë
As jy voorkennis gehad het en besluit om by 'n wedren op 'n perd te gaan wed, sal jy op 'n verloorder of 'n wenner wed?
Partykeer kyk ons na ons lewens en wonder: Hoekom sal God 'n verloorder kies? Ons moet egter besef dat God nie net ons swakhede sien nie. Hy sien jou vir wat jy kan word.
Ek weet nie in watter toestand jy vandag is nie. Dalk voel jy geestelik afgetakel. Miskien het jy op een of ander manier gefaal. Miskien was daar 'n morele mislukking in jou lewe wat so pas ontbloot is en nou moet jy die gevolge daarvan in die gesig staar. Of dalk is dit nog nie ontbloot nie, maar jy is betrokke by goed wat jy weet jy nie moet doen nie.
Dalk wonder jy met tye hoekom God jou in die eerste plek geroep het om Hom te volg. God het voorkennis. Hy weet wat gaan gebeur nog voordat dit gebeur. As dit die geval is, hoekom sal God dan iemand soos ek of jy kies?
Ek onthou nog toe ek en my klein dogtertjie, Stella, eendag saam tyd deurgebring het, het sy my gesig bestudeer en na my oë gekyk. Sy het toe baie naby aan my gekom, haar neus teen myne gedruk en gesê: “Pappie, ek kan myself in jou oë sien.”
Ek het gevra: “Wat?”
Sy het gesê: “Ek sien myself in jou oë.”
Ek het in haar klein blou-groen ogies gekyk en besef dat sy haar weerkaatsing in my oë kan sien. Toe sê ek: “Wel Stella, jy is altyd in my oë en ook in my hart.”
As jy van naderby kyk — en jy moet baie naby wees — sal jy jouself in God se oë sien. Jy sal sien dat Hy jou liefhet en vir jou omgee en Hy sien jou vir wat jy kan word.
Ter opsomming: God sien jou vir wat jy kan word!
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More