Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld
Hou Aan Beweeg!
Wanneer ons die woord “afvallige" hoor, dink ons aan iemand wat geheel en al hul geloof prysgee en sy rug op God keer en 'n persoon wat dít doen, kan verseker as 'n afvallige geklassifiseer word. Ek wil egter 'n stelling maak dat daar mense is wat terugval en nie eens daarvan bewus is nie.
Niemand beplan om terug te val nie. Jy bel nie jou Christen vriend en sê: “Hallo, wil jy vanaand terugval? Ek tel jou 19:00 op. Wat sê jy?” Nee, dit is nie wat gebeur nie. Afvalligheid gebeur subtiel en meestal geleidelik. In werklikheid mag dit so subtiel wees dat jy nie werklik agterkom dat dit gebeur nie. Die Bybel waarsku ons daarteen en een van die tekens van die eindtyd is dat mense van die geloof afvallig sal word (1 Timoteus 4:1).
God sê as ons teruggeval het, moet ons na Hom terugkeer (Jeremia 3:22) Jesus het vir die kerk in Éfese gesê: “Dink hoe ver julle al agteruitgegaan het” (Openbaring 2:5).
Het jy teruggeval? Is jy in die proses om terug te val? Jy gaan óf vorentoe met Christus óf jy gaan agteruit. Die oomblik wat jy jou wandel met Jesus in neutraal sit, sal jy vind dat jy in die verkeerde rigting beweeg.
Ek het 'n teken aan die einde van 'n aanloopbaan gesien wat sê: “Hou aan beweeg. As jy stop, is jy in gevaar en ook 'n gevaar vir diegene wat vlieg.” Dieselfde waarskuwing kan toegepas word op die Christen se lewe; hou aan beweeg. As jy stop, is jy in gevaar en 'n gevaar vir ander.
Moet dus nie op jou louere rus, of in die verlede leef nie. As navolgers van Jesus moet ons voortdurend groei.
Ter opsomming: Dis nodig vir ons, as navolgers van Jesus, om voortdurend te groei.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More