Jy is dit werd.Voorbeeld

You Are Worth It.

DAG 3 VAN 5

Sal Ons Aanhou Sondig?

“Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?” Romeine‬ ‭6:1-2.‬‬‬

Wanneer jy in Christus is, sien God jou deur die bloed van sy Seun, Jesus Christus. Dit is deur die bloed van Jesus Christus wat die vesting van sonde afgebreek word. Dit is deur die bloed van Jesus Christus wat die juk en verstikking van sonde gebreek word. Wanneer Christus jou koning is, sal sonde nie oor jou hart heers nie.  

Josua‬ ‭24:15‬ stel dit so: “Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”  

Dit is jou keuse. Jy kan óf die sonde van die verlede dien óf jy kan kies om jou aan Christus oor te gee. Sonde is 'n keuse. Verstrengeling is 'n keuse. Dit is jou keuse. Kies om nie te sondig nie.  

Christus het vir jou gesterf. Christus het gesterf om jou vry te maak van die juk van sonde. Christus het gesterf sodat jy kan leef. Sonde hoef nie oor jou te heers nie. Die angel en vlek van sonde hoef nie oor jou te heers nie. Christus het jou die krag en gesag gegee om elke wapen en taktiek van die vyand te verpletter.  

In Lukas‬ ‭10:19‬ ‭verklaar Christus: “Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.”  

Wanneer jy in Christus is, hoef die Satan se mag nie oor jou te heers nie. Maak die keuse. Kies om nie jou hart in die vlek en gebondenheid van die verlede te verstrik nie.  

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

You Are Worth It.

Vance K. Jackson lei lesers in hierdie kragtige, hart-herskeppende leesplan. Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun gegee het as die finale offer. God het jou hartstogtelik lief. Sy liefde strek verder as wat verwoord kan word. God het vlees geword en vir jou gesterf. Jesus Christus het vir jou gesterf. Dit maak nie saak wat jou sonde is nie. Dit maak nie saak hoe swaar dit is nie. Dit maak nie saak hoe groot die las is nie. Christus het gesterf om jou vry te maak.

More

Ons bedank graag vir Vance K. Jackson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.VanceKJackson.com