Jy is dit werd.Voorbeeld

You Are Worth It.

DAG 2 VAN 5

Daarom is Daar Nou Geen Veroordeling Nie. 

“Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie” Romeine‬ ‭8:1.‬‬

Wanneer jy in Christus is, is daar dus nou geen veroordeling nie. Jou verlede behoort aan die geskiedenis. Die sondevlekke is skoongewas. Deur die bloed van Jesus Christus, sien God nie meer jou sonde nie. Sy bloed bedek jou. Sy bloed reinig jou. Sy bloed was jou. Sy bloed herstel jou. Sy bloed maak jou heel. 

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) verduidelik Romeine 8:1 op die volgende wyse: “Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem.” Herskep jou weë soos dié van Christus. Wandel agter Christus aan. Leef volgens die voorskrifte van Christus, ons koning. 

Sy bloed is kragtiger as die vlek van jou sonde. Daar is geen sonde wat jou kan skei van die liefde van God nie. Sy bloed is kragtiger as jou verlede. Sy bloed het 'n baie groter invloed as jou foute. Sy bloed bedek jou. Laat toe dat sy bloed jou lei. Gee jouself oor aan Christus, die ewige Koning, en kies om die verlede te laat vaar. 

Christus het gesterf sodat jy van sonde se gebondenheid kon vrygemaak word. Jy is die skande van die kruis werd. Jy is elke hou werd. Jy is elke kneusplek werd. Jou stryd is nie sterker as die krag van sy bloed nie. Die bloed van Jesus Christus is vir jou bedoel.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

You Are Worth It.

Vance K. Jackson lei lesers in hierdie kragtige, hart-herskeppende leesplan. Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun gegee het as die finale offer. God het jou hartstogtelik lief. Sy liefde strek verder as wat verwoord kan word. God het vlees geword en vir jou gesterf. Jesus Christus het vir jou gesterf. Dit maak nie saak wat jou sonde is nie. Dit maak nie saak hoe swaar dit is nie. Dit maak nie saak hoe groot die las is nie. Christus het gesterf om jou vry te maak.

More

Ons bedank graag vir Vance K. Jackson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.VanceKJackson.com