Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en OnvergewensgesindheidVoorbeeld
Jesus Reinig Ons
Verbeel jou dat jou brein gevul is met tasse wat gemerk is: "bitterheid," "onvergewingsgesindheid," "foute" en "skaamte." Verbeel jou dan jy gooi daardie swaar tasse uit en vervang hulle met "vrede," "liefde," "aanvaarding" en "redding."
Dit is wat Jesus aan ons kom bied.
Wanneer ons, net soos ons is, na Jesus toe kom — bagasie en al — vertel 1 Johannes 1:9 ons dat Hy getrou en regverdig is om ons van al ons sonde te reinig. Hy reinig ons nie net nie — Hy maak ons nuut!
Wanneer ons dus daarna smag om ons siele ten diepste te reinig van die dinge wat ons terughou en belas, weet ons dat Jesus die enigste weg na ware, permanente vryheid is.
In hierdie lewe sal ons dit moeilik hê. Net soos wat ons ou bagasie afskud sal nuwe bagasie opduik. Jesus is met ons en sy Heilige Gees is binne ons om ons te lei, leer, vertroos, korrigeer en te reinig.
Ons het 'n kragtige herinnering hiervan in Johannes 15:3. Jesus is op die punt om sy doel te vervul — om aan die kruis vir ons sondes te sterf. Hy bemoedig vir oulaas sy dissipels voordat dit gebeur, deur hulle daaraan te herinner dat Hy die wingerdstok is — die weg na verlossing. Dan sê Hy die volgende:
“Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het” Johannes 15:3.
Ons is skoon as gevolg van wie Jesus is en wat Hy vir ons gedoen het. Ons is aanvaar. Ons is uitgenooi in die familie van God. Al wat ons moet doen, is om die uitnodiging te aanvaar. Wanneer ons dit doen kan ons vertrou dat die Vader sal aanhou om ons te snoei, te lei en ons te help om meer soos Hy te word.
Wanneer jy oor al hierdie dinge nadink, oorweeg hoe jy dit 'n gewoonte kan maak om die Heilige Gees in te nooi om jou siel te reinig. Dit hoef nie noodwendig mooi woorde te wees nie. Doen net wat Dawid gedoen het. Staan tyd af en vra God om vir jou 'n rein hart te gee.
Net soos ons dae op ons kalenders afmerk om ons huise skoon te maak, moet ons tyd uitkoop om God te vra om ons gedagtes te vernuwe sodat ons kan begin om sy goeie, aangename en volmaakte wil te ken.
Gebed: Vader, dankie dat U Jesus gestuur het om ons skoon en nuut te maak. Wys vir my vandag iets nuuts terwyl ek voorberei om u Woord te lees. Heilige Gees, lei my en leer my. Maak my hart oop vir wat U aan my wil sê en reinig my van enige iets wat nie vir U behaag nie. Ek vertrou U. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons harte skoon te maak. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons leer hoe om van ons emosionele bagasie te laat vaar wat ons terughou en ons belas.
More