Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en OnvergewensgesindheidVoorbeeld
Diep Reiniging van Giftige Invloede
Het jy al agtergekom dat jou angsvlakke styg wanneer jy die nuus lees? Kook jou bloed soms wanneer jy deur sosiale media blaai, wanneer jy die wanopvattings en argumente in die kommentare lees? Het jy al opgelet dat jyself meer sinies, krities of ongenaakbaar raak in jou geselskap teenoor ander nadat jy sekere musiek geluister, sekere programme gekyk of sekere artikels gevolg het?
Dit is nie verkeerd om ingelig te wees nie, om na vermaaklike inhoud te kyk en tyd deur te bring op sosiale media nie; dit is egter wys om ag te slaan oor hoe die invloede ons affekteer. Wanneer ons vind dat ons angstig voel, gefrustreerd en sinies word, in plaas daarvan om vrolik, vreedsaam en vriendelik te wees, mag ons dalk 'n probleem hê.
Dit is nie 'n nuwe verskynsel nie. Jesus het daaroor gepraat gedurende die tyd wat Hy op die aarde was, Hy het sy dissipels gewaarsku dat hulle moet seker maak om nie giftige invloede toe te laat om in hul harte wortel te skiet nie.
In Matteus 16 het Jesus en sy dissipels oor die meer gevaar. Op daardie stadium het Jesus alreeds die 5 000 mense en daarna ook 4 000 gevoed en die dissipels was ontsteld, want hulle het vergeet om brood te koop. Jesus het toe iets eienaardig opgemerk:
“Hoe is dit dan dat julle nie verstaan dat Ek nie met julle oor brood gepraat het nie? Ek het gesê: Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs” Matteus16:11.
Jesus het geweet dat 'n bietjie invloed ver kan gaan. Vroeër het beide die Fariseërs en die Sadduseërs geprobeer om geloof in Jesus te ondermyn deur Hom in 'n lokval te lei met iets wat die geloofwaardigheid van sy bediening kan veroorsaak. Jesus het sy dissipels gewaarsku om nie toe te laat dat dieselfde soort sinisme en twyfel hulle gedagtes besoedel nie.
Net soos die dissipels die invloed van die Fariseërs moes beperk, moet ons ook 'n grens stel vir die invloede wat ons toelaat. Wat ook al sinneloos of gering mag lyk, kan met tyd, begin om ons karakters te besmet en ons siele te vergiftig.
Jesus was ernstig daaroor dat ons onsself teen sonde moet beskerm. In sy beroemde bergrede het Hy gesê dat as jou regterhand jou laat struikel, moet jy dit afkap. Alhoewel ons nie letterlik ons liggaamsdele hoef af te kap nie, moet ons enigiets wat ons daartoe lei om sonde te doen of te laat struikel, uit ons lewens sny.
Dit beteken nie dat ons alle invloede moet verwyder en net na Christelike musiek moet luister of net Christene aanlyn moet volg nie. Wat dit wel beteken is dat ons meer tyd in gebed moet deurbring oor watter invloede die beste belegging vir ons is, en om die Heilige Gees se hulp te vra om ons ten diepste te reinig van enigiets wat ons siele kan vergiftig of wat ons karakters kan besmet.
Dit gaan nie net daaroor om dit wat giftig is te verwyder nie. Dit gaan ook daaroor om slegte invloede te vervang met goeie invloede — dinge wat waar, reg, edel en prysenswaardig is. Wanneer jy die verandering maak, mag jy dalk 'n bietjie meer van God se vrede in die proses ervaar.
Gebed: Vader, ek wil U tevrede stel in elke area van my lewe, insluitende die stemme waarna ek luister. Gee my wysheid oor enige slegte invloede wat ek moet uitsny en wys my hoe om U met my tyd te vereer. Help my om my gedagtes te rig op dinge wat goed, reg, waar, edel en prysenswaardig is. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons harte skoon te maak. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons leer hoe om van ons emosionele bagasie te laat vaar wat ons terughou en ons belas.
More