Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en OnvergewensgesindheidVoorbeeld
Diep Reiniging Van Giftige Verhoudings
Baie van ons sukkel met die spanning om ander lief te hê, maar ook om grense vir onsself te stel. Wat as die twee nie hoef te bots nie? Sê nou, om grense te stel mag dalk die liefdevolste ding wees om te doen?
Ons vriendskappe maak vir ons saak. Pastoor Craig Groeschel sê dikwels: "Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms.”
Spreuke 13:20 herinner ons:
"Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg."
Indien jou toekoms deur jou beste vriende beïnvloed word, hou jy van die rigting waarin dit jou lewe laat gaan?
Dit is 'n groot, maar belangrike vraag wat jy jouself gereeld kan afvra. Dit is goed — en nodig — om giftige verhoudinge te beperk. Dit beteken nie dat ons nie ander liefhet of dat ons nie vriende kan hê wat nie Christene is nie.
Dit beteken wel dat ons grense moet stel vir ons verhoudings, en dat ons beste vriende mense moet wees wat ons tot liefde, goeie werke en godsvrug aanmoedig.
Jesus het vir ons gedurende sy aardse bediening hiervan 'n voorbeeld gestel. In Matteus 12, het Hy en sy dissipels gekuier toe party Fariseërs sy karakter, motiewe en vriende begin bevraagteken het. Jesus het 'n reeks vrae aan hulle gevra sodat hulle kon sien wat reg is.
Later het Hy iemand op die sabbat genees en die Fariseërs was daaroor kwaad. Trouens vers 14 vertel ons dat hulle in daardie oomblik beplan het om Hom dood te maak.
Wat was Jesus se reaksie?
Hy het nie verder tyd afgestaan om hulle te oortuig dat hulle verkeerd was nie. Hy het nie by hulle aangehou om rede te verstaan nie. Dit is wat Hy gedoen het:
"Bewus daarvan het Jesus daarvandaan weggegaan. Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle gesond gemaak" Matteus 12:15.
Jesus het weggegaan. Jesus het 'n grens gestel en daarby gehou. Hy het geweet deur daar te bly net die Fariseërs sou kwaad maak en Hom verhoed om sy doel uit te lewe. Dus het Hy en sy dissipels aan beweeg en Hy het voortgegaan om mense te genees.
Ons kan sy voorbeeld volg. Ons bestee energie om ander lief te hê, te versorg en van Jesus te vertel. Wanneer daardie energie egter met koue harte en openlike vyandigheid ontmoet word, dan stap ons weg en hou aan stap.
Ons hou aan om God se liefde te deel. Ons hou aan om God se werk te doen. Ons hou aan om te doen wat goed is.
Dit is goed om vriendskappe te beperk wat jou beperk. Alhoewel ons uitgedaag word om ons vyande lief te hê, te bid vir diegene wat ons vervolg, om die ekstra myl vir ander te loop, word ons ook aangemoedig om nie ons pêrels voor die swyne te werp nie — dat ons nie al ons energie op diegene bestee wat nie ons liefde wil hê nie.
Oorweeg vandag nog watter vriendskappe jy dus moet heroorweeg. Staan dan tyd af om te bid hoe jy liefdevolle grense kan stel.
Gebed: Vader, dankie vir u waarheid. Wys my enige verhoudings in my lewe waar ek grense moet stel; gee my die wysheid om te weet wat die grense is, en die moed om daarby te hou. Help my om self 'n beter vriend te wees vir diegene in my vriendekring en wys vir my in watter vriendskappe ek my energie moet belê. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons harte skoon te maak. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons leer hoe om van ons emosionele bagasie te laat vaar wat ons terughou en ons belas.
More