GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 5 VAN 10

Waarheid en genade

Mense het in die tyd waarin ons leef God se waarheid meer as ooit nodig.

Spreuke 3:3 sê: “Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe.” Deur dit te doen, sal jy God se guns wen, asook die guns van mense.

Ons moet meer deernis aan mekaar betoon, die waarheid in liefde verkondig en genade aan mekaar uitdeel. Dit is net die waarheid wat ons as gevangenes kan vrymaak, en hierdie waarheid kom altyd van ’n genadige en barmhartige ingesteldheid.

Die Here sê vir ons: “Geseënd is dié wat genade betoon, want hulle sal ook genade ontvang.” Probeer vandag meer deernis betoon aan dié mense by jou werkplek of by die huis (dalk ’n kind of jou huweliksmaat?) wat jou geduld beproef. Onthou, God het die grootste genade aan jou betoon.

Jy dink dalk nou: “Dis nie regverdig nie. Hy is God en ek is net ’n mens.” Jy is waarskynlik reg. Maar Jesus het nie verdien om vir ons sondes gekruisig te word nie. Tog het Hy dit uit genade gedoen. Gaan deel sy genade dan uit aan ander.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za