GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 4 VAN 10

Jou skuld is betaal

Een oggend, terwyl ek by die Here stil geraak het, het Jesus my herinner aan hoekom Hy sy troon in die hemel verlaat en afgekom het aarde toe. Hy het sy Vader en die hemelse heerlikheid agtergelaat om Hom as ’n lewende offer aan te bied.

Ek het weer Hebreërs 10:5-10 gelees waar Jesus twee keer sê Hy het Hom ten volle daaraan verbind om God se wil te doen en Hom as ’n lewende offer te gee vir die sonde van die hele wêreld. Wat ’n ongelooflike liefde het Jesus nie vir ons nie!

Hebreërs 10:10 verseker ons ons skuld is betaal, eens en vir altyd, deur Jesus se opofferende dood aan die kruis. Daarom kan jy uitsien na die dag wanneer jy deur die genade van God by Jesus sal aansluit. Ons hoop lê in die ewige lewe, nie in die hier en nou nie. Jesus het gesê Hy gaan vooruit om vir ons plek in die hemel gereed te maak (Joh. 14:2).

Die dood het sy angel verloor. God seën ons en help ons om altyd op te kyk. Hy herinner ons dat ons verlos is. Laat ons dan vandag uitgaan na die groot paaie en die afdraaipaaie en vir minstens drie mense vertel dat ons en hulle skuld ten volle betaal is, dat dit afgeskryf is. As hulle maar net in Jesus sal glo.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za