GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 10 VAN 10

Deur God gered

Ons leer hier hoe die Here ons gered het. Wat ’n ongelooflike prys het ons Vader God vir ons verlossing betaal! Hy het sy enigste Seun prysgegee om aan ’n kruis te sterf.

Esegiël bevestig dat God ons weer lewend gemaak het. Hy het ons met skoonheid geklee en vir ons nuwe geleenthede en ’n nuwe visie gegee. God het ons opgetel en gewas. God het ons mooi gemaak en vir ons ’n plek in die samelewing gegee. Hy het ons aanvaarbaar gemaak in die oë van al die nasies en vir ons kos gegee om te eet. God het ons selfs beroemd gemaak. 2 Korintiërs 5:17 herinner ons: “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby die nuwe het gekom."" Ons is die bruid van die Here, en ons behoort aan Hom.

Die Here wil dit vir alle mense doen. Al wat jy moet doen, is om sy genade en barmhartigheid te aanvaar en te sê: “Dankie, Here. Ek glo.” Dan sal jy gered word. Jy sal jou lewe begin leef as die seun of dogter van die Koning, en dit is ’n lewe vol hoop en vrede.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za