Die Regte GodVoorbeeld
God is regverdig
“Hoekom?” Baiekeer wens ons God kon vir ons in tye van swaarkry ’n antwoord gee op dié vraag. Maar dit gebeur selde, en die uiteinde is dat ons wonder hoekom is die lewe onregverdig, hoekom gebeur slegte goed met goeie mense en hoekom bestaan bose goed enigsins?
Hoekom laat Hy toe dat getroue gehoorsaamheid onbeloond bly, of dat ’n lewenslange droom tot niks kom, of dat ’n geliefde in die fleur van hul lewe sterf? As God beide soewerein en goed is, hoekom lyk die wêreld soos dit lyk?
Die wêreld is in so ’n benarde toestand, want ons het ’n baie nou perspektief. Ons sien baie ongeregtigheid, dis waar, maar ons visie is beperk. Ons kan nie die groter prentjie begryp nie — God se groot plan en doel wat verder strek as wat ons mense-verstand kan kleinkry.
Geregtigheid en reg is die fondament van u troon. Onfeilbare trou en waarheid is tot u diens (Psalm 89:14, NLV).
Onthou, die Bybel leer ons die regte God is oneindig goed, soewerein, heilig — en regverdig.
God het bewys Hy is ’n regverdige regter, en ’n genadige een. Hy het die welverdiende straf vir ons sonde op die skouers van sy eie Seun, Jesus, geplaas sodat geregtigheid nie op ons sou val nie, maar steeds sou seëvier.
Wees gerus dit maak nie saak hoe dinge op die oomblik lyk nie, God het bewys — en sal aanhou om te bewys — dat Hy die regverdige “regter van die hele aarde” (Genesis 18:25) is. Uiteindelik sal Hy dinge regmaak.
Intussen, terwyl ons omvorm word na sy beeld, moet ons ongeregtigheid in die wêreld beveg, weier om wraak te neem, bitterheid en haatdraendheid verwerp, ander waarsku oor die laaste oordeel wat kom, en almal bewus maak van God se genade. Ons regverdige God hou altyd telling en hou wag oor ons.
Aangaande hierdie leesplan
Hoe sien jy God? Die antwoord op dié vraag vorm nie net jou geloof nie, maar jou persepsies van jouself, jou lewensbeskouings, jou doelwitte — jou hele lewe. Om ’n onakkurate siening van God te hê kan jou lewenslank laat worstel. Om indringend te kyk na die regte God — soos Hy begeer om gesien te word — is daarom ’n wyse skuif!
More
Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/product/the-real-god-workbook/