Die Regte GodVoorbeeld

Die Regte God

DAG 3 VAN 7

God is heilig

Jesaja beskryf ’n beeld van engele in die hemel wat sonder ophou “heilig, heilig, heilig” uitroep (Jesaja 6:3). Ons weet God is goed en soewerein. Wat beteken dit dat Hy heilig is?

God se heilige karakter is rein, onbevlek deur enige sweempie sonde, fout of boosheid. Dit is wat dit beteken om heilig te wees. Dis is een van die vele geheimsinnige eienskappe van sy wese wat Hom heeltemal uniek maak. Daar is niemand soos Hy nie.

Ons, sy kinders, het die opdrag om ook heilig te wees — om rein en volmaak te word soos God.

Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie (Hebreërs 12:14, 1953-vertaling).

Maar dit is mos onmoontlik. Dit is, behalwe deur die kruis van Christus wat ons skoon was. Ons is deur sonde geskend. Ons kan nie in God se teenwoordigheid kom nie, wat nog te sê sy karaktereienskap aanneem sonder die lewensboei wat Hy ons bied: Jesus, die Verlosser, die Seun van God, se offergeskenk. Dit is al hoe ons in die hemel kan kom.

Dis asof God die “delete”-knoppie druk en al ons sonde uitwis. Die res van ons lewe word ’n proses van “heiligmaking” — om die heiligheid uit te leef wat Hy reeds voorsien het.

Die regte God is heilig en Hy wil hê ons moet ook heilig wees — sodat ons ’n intieme verhouding met Hom kan hê. Het jy al jou lewe aan Christus gewy sodat jy kan begin om soos Hy te word en saam met Hom te wandel?

’n Duidelike siening van God se heiligheid sal verander hoe jy dink, jou houdings vorm en jou lewe rig. Dit sal jou ook nader gemeenskap met Hom verseker. Mettertyd sal jou lewe ’n spieël word van sy goedheid, soewereiniteit en heilige karakter.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Regte God

Hoe sien jy God? Die antwoord op dié vraag vorm nie net jou geloof nie, maar jou persepsies van jouself, jou lewensbeskouings, jou doelwitte — jou hele lewe. Om ’n onakkurate siening van God te hê kan jou lewenslank laat worstel. Om indringend te kyk na die regte God — soos Hy begeer om gesien te word — is daarom ’n wyse skuif!

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/the-real-god-workbook/