Ware SpiritualiteitVoorbeeld

Ware Spiritualiteit

DAG 7 VAN 7

Jou voortgesette reis 

Ek is jammer om dit vir jou te sê, maar jy gaan nooit volmaak wees in hierdie lewe nie. Jy weet dit waarskynlik reeds. Maak nie saak hoeveel jy in Christus verander word nie, jy is ’n werk onder hande tot die dag wat jy Hom van aangesig tot aangesig sien.

Die goeie nuus is dat dit God se diepste begeerte is om jou groei te seën en jou te bemagtig sodat jy die skoonheid, liefde en heiligheid van Jesus al meer en meer weerspieël.

Sy goeie en volmaakte wil lei nie net tot vreugde vir jou nie, dit openbaar ook sy genade, wysheid, liefde en mag aan die wêreld. Hy belowe dat jou ware spirituele reis in verhouding met Hom op die ou end vervul sal word – en ook vervullend sal wees op pad daarheen.

Intussen, herinner jouself aan die stappe wat jy geroep word om te neem. 

·  Verbind jouself heeltemal aan God – nie net een keer nie, maar elke dag. 

·  Leef apart van die wêreld se waardes en weë. 

·  Leer om jouself akkuraat te sien – nie met trots of vals nederigheid nie, maar soos God jou sien. 

·  Dien ander gelowiges in liefde. 

·  Reageer met bonatuurlike liefde in die aangesig van boosheid en oorwin dit met die goeie.

As hierdie stappe jou verhouding met God elke dag karakteriseer, sal jy ’n egte Christenlewe leef wat God eer en ander se lewe beïnvloed. 

Dit is ’n belofte – nie van my af nie, maar van God af deur die Woord wat Hy vir ons gegee het. Gee jouself aan Hom as ’n lewende offer, elke dag en op elke gebied van jou lewe, en jy sal ware spiritualiteit en ’n oorvloedige lewe in al sy volheid ervaar. 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Ware Spiritualiteit

Hoe lyk ’n egte Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons ’n prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/true-spirituality-general-edition-study-guide/