Ware SpiritualiteitVoorbeeld

Ware Spiritualiteit

DAG 5 VAN 7

Ervaar egte gemeenskap

Onthou jy Jesus se laaste aand voor sy kruisiging? Hy het vir sy volgelinge ’n nuwe opdrag gegee: dat hulle mekaar radikaal moet liefhê. 

Jesus het gebid dat sy volgelinge die liefde en eensgesindheid sal ervaar wat Hy met God die Vader gehad het (Johannes 13:34; 17:20-24). Daardie liefde kom uit die hart van die gewer. Dit is nie afhanklik van die een wat dit gee nie. 

Paulus het hierdie roeping beaam in Romeine 12:10 (1983-vertaling):

“Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar.”

In vandag se Skrifgedeelte beskryf Paulus ’n egte gemeenskap van gelowiges wat mekaar opreg liefhet. Hy sê vir ons:

·  Eer ander bo jouself. 

·  Dien die Here met ywer. 

·  Wees vreugdevol in hoop.

·  Wees geduldig in swaarkry. 

·  Wees toegewyd in gebed. 

·  Deel met ander kinders van God wat in nood is. 

·  Wees gasvry.

Hierdie soort ware geestelike gemeenskap is dalk skaars (en deesdae al hoe moeiliker om te vind). Maar as jy moeite doen om dit te kweek, kan dit lewensveranderend wees. 

Namate ons deel word van mekaar se lewe, kan ons die lewe se pynlikste uitdagings saam aanpak terwyl ons vasklou aan die hoop in Christus en sy beloftes. Ons groei saam met mekaar – en saam met Hom – in eensgesindheid. 

Is jy bereid om die stappe te neem om egte verhoudings te bou met ander gelowiges, om hulle opofferend lief te hê en te dien? God sal jou help. Hy wil hê jy – saam met ander gelowiges – moet sy liefde weerspieël en sy grootste begeertes vir jou lewe vervul. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Ware Spiritualiteit

Hoe lyk ’n egte Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons ’n prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/true-spirituality-general-edition-study-guide/