Ware SpiritualiteitVoorbeeld
Waar ware spiritualiteit begin
“Here, as U bestaan, openbaar Uself dan aan my.”
Ek dink dit was die eerste eerlike gebed wat ek ooit gebid het. Ek was op pad universiteit toe. Ek het ’n beurs, ’n mooi meisie en groot planne gehad, tog het ek leeg en alleen gevoel. Toe bid ek tot God om Hom aan my te openbaar.
Hy het. ’n Paar weke later by ’n kamp vir Christenatlete het ek gebid om Christus in my lewe te ontvang. God het begin om ’n paar groot vrae oor die lewe te beantwoord:
· Wat wil God van my hê?
· Hoe lyk dit om ’n ware Christen te wees?
· As dit nie daaroor gaan om ’n klomp reëls na te kom of op ’n sekere standaard te wees nie, waaroor gaan dit dan?
· Wat is ’n ware geloofslewe?
Waar het God met my herskepping begin? In Romeine 12:1-2. Daarin is so baie van die betekenis van die lewe vasgevang. Hoe groot is God se genade om ’n weg skep sodat ons ons lewens vir Hom kan gee. Dit gaan nie oor godsdienstige aktiwiteite of om reëls na te kom nie.
Dit gaan wel oor ’n intieme verhouding met Hom wat propvol gevolge vir elke gedeelte van ons lewens is.
Ware spiritualiteit begin met hierdie intieme verhouding.
Dit is wat God vir elkeen van ons begeer. Hy wil hê ons moet leer om die genade en guns uit te leef wat ons reeds ontvang het; en Hy wil hê ons moet meer soos sy Seun word sodat ons Hom kan geniet en liefhê — en ander kan liefhê soos Hy hulle liefhet.
Dit behels ’n volledige heroriëntasie van jou lewe.
Baie Christene ervaar nie die volheid van daardie verhouding nie. Romeine 12 verseker ons egter dat ons dit kán kry.
Ware geestelikheid is die vrug as ons God se uitnodiging tot ’n intieme verhouding met Hom aanvaar. Is jy bereid om met geloof op God se opdragte te reageer?
Wanneer jy dit doen, kom jou hart en lewe met Hom in ooreenstemming. Jy sal vervul word met sy lewe, passie en roeping — en ’n lewe van ware spiritualiteit leef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.
More
Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/product/true-spirituality-general-edition-study-guide/