Vrede vir KindersVoorbeeld

Peace for Kids

DAG 8 VAN 8

Sê dit saam: 

Moenie terugstaan nie. Staan op vir vrede, liefde en om ander te help.

Jesus het vir ons gesê wat die belangrikste is: om God en ander lief te hê. Deel daarvan om ander lief te hê is om 'n vredemaker te wees. Daar is baie maniere om dit te doen:

Wees vriendelik wanneer jy nie saamstem nie. 

Skik — wanneer jy verskil, praat oor die verskillende dinge wat elkeen wil hê. Kom vorendag met 'n nuwe oplossing waarmee almal tevrede is. 

Luister met respek na ander se idees, gedagtes en gevoelens. 

Behandel ander mense soos jy behandel wil word. 

Bid vir mense wat net nie in vrede met jou wil saamlewe nie.

Om 'n vredemaker te wees is nie altyd maklik nie, maar wanneer jy vir God vra om jou te help om in vrede met ander saam te lewe en hulle op te bou, doen jy jou deel.

Kyk saam na hierdie video

Praat saam

Uitdaging: Wie kan die Bybelvers opsê en die bewegings doen met hulle oë toe?

Deel oor 'n tyd wat jy met iemand baklei het of nie met iemand saamgestem het nie.

Wat het jy gedoen om vrede te maak met hulle, of wat dink jy kan jy doen as dit weer gebeur? 

Wat het die persoon gedoen oor die bakleiery of onenigheid?

Bid saam

Vader, ons wil graag ander mense liefhê. Help ons om moeilike dinge te doen sodat ons in vrede met ander kan saam lewe. In die Naam van Jesus. Amen.

Lees saam

Lees die Bybelvers vir vandag. Neem beurte om te deel waaraan dit jou laat dink. Vra vir mekaar vrae waaraan dit jou laat dink.

Nota:As jy die vers lees in 'n ander vertaling as wat gebruik is in die video, praat oor wat dieselfde is en wat verskillend is in elke vertaling.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Peace for Kids

Vrede. Dit is meer as net rustig wees, veelkleurige hemde en gemoedsringe. Vind blywende vrede as 'n gesin saam — dis 'n geskenk van Jesus wat ons nooit verlaat nie. Vir ouers: Hierdie leesplan is ontwerp vir gesinne. Jou kind sal 'n dieper begrip van die daaglikse leesstukke, videos, uitdagings en vrae hê as julle dit saam doen.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/