Vrede vir KindersVoorbeeld

Peace for Kids

DAG 5 VAN 8

Sê dit saam:

Wanneer die lewe stormagtig, somber en grys word,

ervaar ek vrede deur God en sy goeie wil te vertrou.

In die Bybel was Jesus se dissipels midde-in 'n regte storm. Hulle het die wind en golwe beveg maar kon nie hulle boot beheer nie. Jesus is egter die Seun van God, dus is Hy in beheer van alles. Hy het die storm beveel om te kalmeer en dit het!

Wanneer moeilike dinge gebeur mag jy dalk voel dat jy in 'n storm is. Jy mag dalk baie hard probeer om die storm te beveg en sterk te bly, maar slegs God is in beheer. Wanneer jy op Jesus vertrou hoef jy nie die storm te beveg nie. Jesus veg vir ons. Hy mag dalk nie die storm laat ophou nie, maar Hy gee vir ons vrede terwyl ons daarin is.

Kyk saam na hierdie video

Praat saam

· Deel een ding wat jy onthou van die Bybelverhaal.

· Wat is sommige van die dinge wat jou kan laat voel dat jy in 'n storm is?

· Wat help jou om vrede te ervaar wanneer daardie goed gebeur?

Bid saam

Vader, ons is so dankbaar dat U in beheer van alles is. Help ons om op U te vertrou wanneer dit voel of ons midde-in 'n storm is. In die Naam van Jesus. Amen.

Lees saam

Lees die Bybelverhaal vir vandag. Neem beurte om te deel waaraan dit jou laat dink. Vra vir mekaar vrae waaraan dit jou laat dink.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Peace for Kids

Vrede. Dit is meer as net rustig wees, veelkleurige hemde en gemoedsringe. Vind blywende vrede as 'n gesin saam — dis 'n geskenk van Jesus wat ons nooit verlaat nie. Vir ouers: Hierdie leesplan is ontwerp vir gesinne. Jou kind sal 'n dieper begrip van die daaglikse leesstukke, videos, uitdagings en vrae hê as julle dit saam doen.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/