Vrede vir KindersVoorbeeld
Sê dit saam:
Wanneer ons kies om Jesus te volg,
gee Hy vir ons vrede wat ons nooit verlaat nie.
Voordat Jesus hemel toe is, het Hy vir ons 'n geskenk gelos. Dit was nie sommer enige geskenk nie. Dit was iets wat Hy geweet het ons wil hê, wat ons nodig het en wat ons nie êrens anders sal kry nie. Weet jy wat die geskenk is? Dit is vrede!
Jesus weet ons staar moeilike tye in die gesig. Jesus weet ons mag dalk bekommerd of bang voel. Wanneer ons so voel is sy vrede steeds daar. Jesus is gereed om na jou te luister en jou te help om weer sy vrede in jou hart te ervaar.
Kyk saam na hierdie video
Praat saam
· Uitdaging: Wie kan die Bybelvers opsê en die bewegings die vinnigste doen?
· Wat laat jou bekommerd of bang voel?
· Op watter maniere kan jy uitreik na Jesus wanneer jy bekommerd of bang voel?
Bid saam
Vader, dankie dat U vir ons u vrede gee. Wanneer ons bekommerd of bang voel help ons om te onthou dat ons u geskenk van vrede het. In die Naam van Jesus. Amen.
Lees saam
Lees die Bybelvers vir vandag. Neem beurte om te deel waaraan dit jou laat dink. Vra mekaar vrae waaraan dit jou laat dink.
Nota: As jy die vers lees in 'n ander vertaling as die een wat in die video gebruik word, praat oor wat dieselfde is en wat verskillend is in elke vertaling.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Vrede. Dit is meer as net rustig wees, veelkleurige hemde en gemoedsringe. Vind blywende vrede as 'n gesin saam — dis 'n geskenk van Jesus wat ons nooit verlaat nie. Vir ouers: Hierdie leesplan is ontwerp vir gesinne. Jou kind sal 'n dieper begrip van die daaglikse leesstukke, videos, uitdagings en vrae hê as julle dit saam doen.
More