Herstel van TeleurstellingVoorbeeld

Bouncing Back From Disappointment

DAG 6 VAN 7

Vir die meeste van ons is ons gesinslede die mense wat ons die beste op aarde ken. Ons deel hartseer en vreugdes met hulle, bring die meeste van ons tyd saam met hulle deur, en verbind ons in die eerste plek tot hulle welstand. As sodanig is hierdie geliefdes dikwels diegene wat ons bemoedig wanneer ons mismoedig is en daarvoor is ons lief vir hulle.

Gedurende sy lewe op aarde het Jesus meer tyd saam met sy dissipels deurgebring as enigiemand anders. Hulle het sy stem, gedagtes, optrede, gewoontes en selfs sy unieke gesigsuitdrukkings leer ken. Toe Hy dus gekruisig is, was hulle so platgeslaan soos min van ons kan begryp. Toe Hy gevolglik aan die twee op pad na Emmaus verskyn het (sien Dag 2), het hy hulle eers verhinder om Hom te herken, sodat Hy die ware aard van hul harte kon hoor. Soos die verse hierbo egter aandui, het hulle oë skielik oopgegaan vir wie Hy werklik is toe Hy die brood gebreek en vir hulle gegee het. 

Hierdie optrede stem baie ooreen met sy optrede gedurende die laaste maaltyd met sy dissipels, waar Hy hulle geleer en vooraf gewaarsku het teen wat sou kom. Die intieme handeling van brood breek het hierdie manne laat besef wie Hy is en hulle is dadelik bemoedig.

Wanneer die lewe ons mismoedig maak en die stryd ondraaglik word, hang ons vermoë om bo dit alles uit te styg van ons intieme gemeenskap met Christus af. Bring jy tyd met Hom deur? Bid en lees jy sy woorde in die Bybel? Net soos ons tyd saam met ons gesin deurbring om hul vreugdes en hartseer te deel, moet ons al ons laste na Hom neem en al ons oorwinnings met Hom deel. Kortom, leef ons as mense wat in Hom is? Staan elke dag die tyd af om die Een te leer ken aan wie jy jou lewe gewy het, en laat Hom toe om sy ware Self aan jou te openbaar. Gereelde gemeenskap met Christus help ons om bo die teleurstellings van ons lewens uit te styg.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Bouncing Back From Disappointment

Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons weet hoe mislukking voel. Om te weet hoe om uit hierdie stryd op te staan is noodsaaklik indien ons God se volkome voorsiening en genade wil ervaar. In hierdie leesplan voorsien Dr. Evans ons van 'n Bybelse fondament vanwaar ons kan leer hoe om hierdie teleurstellings in ons alledaagse lewe te oorkom.

More

Baie dankie aan Dr. Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TonyEvans.org