Herstel van TeleurstellingVoorbeeld

Bouncing Back From Disappointment

DAG 4 VAN 7

Ons het 'n teenstander en sy naam is die Satan. Hy is in die bedryf om mense te ontmoedig en benut elke geleentheid om ons emosioneel of sielkundig op ons knieë te bring om sy uiteindelike doel te bereik: om ons van God te skei. 

Die Evangelie volgens Matteus vertel die verhaal van Petrus wat op die water loop; vol geloof dat Jesus hom selfs nie te midde van 'n vreeslike storm sal laat sink nie. Petrus sê vir Jesus: "Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom" (Matteus 14:28), waarop Jesus antwoord: "Kom!" (Matteus 14:29). Tog, selfs midde-in hierdie wonderwerk, kon Petrus nie anders as om vir die woeste wind bang te word nie – en op daardie oomblik laat die Satan hom moed verloor sodat hy begin sink. 

Dink aan al die oomblikke in jou lewe toe jy gesink het. Verlore werksgeleenthede, rusies met gesinslede, swak punte op skool ... elkeen van ons het al daardie wanhoop gesmaak, en as ons eerlik is, is dit in daardie oomblikke wat ons gevoel het dat God ver is. Die Bybel beveel ons egter: "Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug" (Jakobus 4:7). As gelowiges vergeet ons maklik dat ons bemagtig is om te doen wat God beveel het, net soos Petrus wat die opdrag gekry het om op die water te loop.

Ongeloof kom so vinnig as wat dit weer weggaan, en wanneer die winde van die lewe sterk teen ons waai, het dit 'n manier om selfs die mees getroue onder ons se moed te breek. As ons egter ons oë op Christus gevestig hou – sy onderrig gehoorsaam en bid soos Hy ons geleer het – sal ons die felste storms kan deurstaan.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Bouncing Back From Disappointment

Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons weet hoe mislukking voel. Om te weet hoe om uit hierdie stryd op te staan is noodsaaklik indien ons God se volkome voorsiening en genade wil ervaar. In hierdie leesplan voorsien Dr. Evans ons van 'n Bybelse fondament vanwaar ons kan leer hoe om hierdie teleurstellings in ons alledaagse lewe te oorkom.

More

Baie dankie aan Dr. Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TonyEvans.org