Herstel van TeleurstellingVoorbeeld
As jy daaroor nadink, is "Lone Ranger" eintlik 'n verkeerde naam vir hierdie held. Hy is dapper, sedelik rein en sterk, maar hy veg nooit sy gevegte alleen nie. Tonto is altyd daar as 'n lojale makker en metgesel. Dink ook hoe hartseer dit sou wees as die Lone Ranger werklik 'n eenmansaak was. Die wêreld se bekendste cowboy sou dalk nooit die eerste rolprent voltooi het nie! Om die waarheid te sê, elke groot rolprentheld het ’n spanmaat: Batman het vir Robin, Sherlock Holmes het vir Watson, en wie het ook al gehoor van Kirk sonder Spock?
Die Bybel het ook 'n klompie sulke bekende pare. Moses het op Aäron staatgemaak, Dawid se beste vriend was Jonatan, en Rut was die beste skoondogter waarvoor Naomi ooit kon wens.
Dinge raak egter 'n bietjie ingewikkelder wanneer ons by Jesus kom.
Jesus het nooit 'n makker gehad nie. Hy het wel twaalf dissipels gehad onder wie drie sy gunstelinge was. Tog pas nie een van hulle heeltemal in dieselfde rol as die voorbeelde hierbo nie. Hy was hulle leier — hulle het hom Rabbi en Here genoem, maar nooit broer nie.
Maak dit dus vir Jesus 'n "lone ranger?" Glad nie.
Hy het nou aan sy Vader verbonde gebly en gereeld met Hom gepraat; sy Vader wat Hom gedurende sy lyding in Getsemane en die passie van die kruis bemoedig het. Jesus het op die Heilige Gees staatgemaak om Hom gedurende die Satan se versoekings in die woestyn te ondersteun.
Wat kan ons dan hieruit aflei?
Moenie 'n "lone ranger" wees nie. Laat die ewige geselskap van die Vader, Seun en Heilige Gees jou bemoedig en die krag gee om oor jou grootste vrese te triomfeer. Wanneer moedeloosheid oor jou pad kom, werp jou sorge op die Een wat Jesus deur sy donkerste tye gedra het.
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons weet hoe mislukking voel. Om te weet hoe om uit hierdie stryd op te staan is noodsaaklik indien ons God se volkome voorsiening en genade wil ervaar. In hierdie leesplan voorsien Dr. Evans ons van 'n Bybelse fondament vanwaar ons kan leer hoe om hierdie teleurstellings in ons alledaagse lewe te oorkom.
More