GeduldVoorbeeld

Patience

DAG 6 VAN 6

Volkome Vertroue in Geduld

Ons kan baie leer van die merkwaardige vroue se verhale in die Bybel. By"The Kristen Collection" is ons stories op die vroue in die Bybel gebaseer. Sara en Abraham was van die grootste helde van ons geloof. Dit was Sara se hartsbegeerte om 'n baba te hê. Sy moes egter op God VERTROU en geduldig wag vir Hom om te voorsien.

Selfs wanneer ons pyn ervaar, is daar altyd saam met God hoop vir die toekoms. Hy belowe in sy Woord dat Hy "alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28). Hy belowe aan ons 'n goeie toekoms. “As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!” (Psalm 27:13)

Terwyl ons vir iets wag wat ons regtig graag wil hê, leer ons om ons aan God oor te gee. Ons erken dat God se opperheerskappy en sy tydsberekening altyd volmaak is. In Genesis 21 word ons bemoedig dat God sy belofte teenoor Sara nagekom het.

“Die Here het aan Sara gedink soos Hy beloof het. Hy het sy belofte aan haar nagekom. Sy het swanger geword en in Abraham se ouderdom vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Dit het gebeur op die tyd wat God vir Abraham beloof het.” (Genesis 21:1-2)

Terwyl jy deur jou dag gaan, onthou: "Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde!" (Psalm 46:11 AFR83)

Toepassing

Skryf die dinge neer waarvoor jy wag. 

Skryf God se beloftes neer wat jy in die Bybel gevind het. 

Kies om stil te wees en te weet dat Hy in beheer is.

Gebed

Liewe Here, baie dankie dat ek kan stil wees en weet dat U in beheer is. Ek sal op U wag Here, vul my hart met u krag en moed. Amen.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Patience

Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal inspireer om die vrug van geduld verder in jou lewe te ontwikkel. Oor die afgelope paar jaar het ons gevind, al is die omstandighede nie altyd na wense nie, God dit nog steeds gebruik om ons karakters te vorm. Wat Hy van ons verlang, is dat ons dit met 'n gewaarwording van Goddelike geduld sal benader.

More

Baie dankie aan iDisciple wat die leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek die skakel: https://thekristencollection.com