GeduldVoorbeeld
Diensbaarheid en Geduld
Wanneer iets tyd neem, verg dit geduld. In 1 Petrus 5:6 word ons aangemoedig om onsself in nederigheid voor die kragtige hand van God te onderwerp en indien ons geduldig wag, ons op die bestemde verhoog sal word. Een van die beste maniere om nederig te wees, is om ander te dien met die gawes wat God aan ons elkeen gegee het. Vandag se Skrifgedeelte herinner ons dat ons almal geestelike gawes ontvang het. Wanneer ons ander dien, beoefen ons geduld deur ons gawes te gebruik vir die uitbreiding van die koninkryk van God en nie vir ons eie agenda nie. Of ons nou erkenning ontvang of nie, is nie die doel van diensbaarheid nie. Dit is om God te eer en mense te dien.
Ek het geleer wanneer jy ander dien, dan verskuif jou fokus en jy ontvang 'n nuwe perspektief vir jou eie omstandigheid. Ek wil jou aanmoedig om geduldig te luister na ander se nood en hulle te dien met die gawes wat God aan jou gegee het.
Toepassing
Maak 'n lys van jou gawes en talente.
Hoe kan jy diensbaar wees deur jou gawes en talente?
Gebed
Liewe Here, baie dankie vir die talente en gawes wat U aan my gegee het. Heilige Gees, help my om hierdie gawes te gebruik deur ander geduldig te dien. Amen
Aangaande hierdie leesplan
Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal inspireer om die vrug van geduld verder in jou lewe te ontwikkel. Oor die afgelope paar jaar het ons gevind, al is die omstandighede nie altyd na wense nie, God dit nog steeds gebruik om ons karakters te vorm. Wat Hy van ons verlang, is dat ons dit met 'n gewaarwording van Goddelike geduld sal benader.
More