GeduldVoorbeeld
![Patience](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24269%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ouerskap en Geduld
Ons is God se eiendom, ons is sy uitverkore volk. In vandag se Skrifgedeelte word ons daaraan herinner dat, voor ons vir God leer ken het, ons 'n verdraaide sin van identiteit gehad het. Ons geduld groei tot volwassenheid namate ons begrip van ons nuwe identiteit in Christus groei. Ons leer onsself ken — wie ons is en wie ons hemelse Vader is. Wanneer ons ten volle verstaan dat God ons liefhet en dit aanvaar, dan kan ons geduldig wag en die moeilike omstandighede verduur.
Ouerskap kan ons geduld beslis beproef, veral wanneer ons ons kinders moet dissiplineer. Wanneer my kinders egter die bevestiging van my liefde vir hulle ervaar, dan groei hulle vertroue in my as hulle voog. My jongste dogter is lief vir lekkergoed, maar ek kan haar nie toelaat om dit vir aandete te eet nie. Soos haar vertroue in my leierskap groei, vind sy dit makliker om op die woord "nee" te reageer en dan geduldig te wag vir nagereg. God het ons lief en ons kan geduldig op Hom wag vir elke belofte om tot vervulling te kom omdat ons Hom vertrou en weet dat ons sy kinders is.
Toepassing
Glo jy dat God jou liefhet en jy vir Hom aanvaarbaar is?
Vertrou jy dat God net jou beste belange op die hart dra?
Hoe daag hierdie openbaring jou uit om geduldig op God te wag?
Gebed
Liewe Here, help my om te weet en te glo dat ek vir U spesiaal is. Baie dankie dat ek u kind is en dat U aan my 'n nuwe identiteit gegee het. Help my om in elke omstandigheid op U te vertrou. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Patience](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24269%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons hoop dat hierdie leesplan jou sal inspireer om die vrug van geduld verder in jou lewe te ontwikkel. Oor die afgelope paar jaar het ons gevind dat, al is die omstandighede nie altyd na wense nie, God dit nog steeds gebruik om ons karakters te vorm. Wat Hy van ons verlang, is dat ons dit met 'n gewaarwording van Goddelike geduld sal benader.
More