Hoe Moet Ons Bid?Voorbeeld
"En vergewe ons ons skulde, net soos ons ons skuldenaars vergewe."
Belydenis is nie maklik nie – of ten minste, ek vind dit nie maklik nie. Ek sou eerder voorgee dat ek alles uitgepluis het en dat ek nie te veel foute gemaak het nie. As ek egter eerlik moet wees en nadink oor die opdrag wat die Here ons gegee het, moet ek erken dat ek voortdurende vergifnis nodig het. Alhoewel die pyn van my belydenis dat ek foute gemaak het en teen die Here gesondig het, baie werklik is, word my verdriet oorskadu deur my vreugde in die wete dat Hy my vergewe en aanvaar het.
Jesus ken ons ten volle, wat beteken dat Hy bewus is van elke liewe keer wat ons iets gedoen het wat teenstrydig met sy wil is. Tog vergewe Hy ons elke keer, want sy offer aan die kruis was genoeg om al ons sondes te bedek. Wanneer ons die Vader om vergifnis nader, moet ons nie verwerping vrees nie, want as ons verlos is, behoort ons vir ewig aan Hom – ons sal altyd een van sy kosbare kinders wees. Trouens, ons word bietjie vir bietjie vervolmaak en ons kry 'n dieper begrip van die waarde van Jesus se offer en die Vader se liefde vir ons.
Waarvoor word in die gebede van vandag se Bybelgedeeltes om vergifnis gevra? Waarvoor behoort jy in jou lewe om vergifnis te vra?
Aangaande hierdie leesplan
Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons deur die voorbeeld werk wat Jesus vir ons in die Ons Vader gegee het, sal ons verskillende elemente van gebed ondersoek en sal jy maniere ontdek om jou eie gebedslewe te ontwikkel.
More