Hoe Moet Ons Bid?Voorbeeld

How Then, Shall We Pray?

DAG 3 VAN 6

"Gee ons vandag ons daaglikse brood."

Dit kan maklik wees om vir onsself te bid. Ek is gedurig bewus van die uitdagings wat my in die gesig staar, die dinge wat ek nodig het, die omstandighede wat nie uitwerk soos wat ek graag wil hê nie. Om vir onsself te bid, kan soms selfsugtig voorkom en selfs uitdagend wees. Per slot van sake, behoort ek nie op die Here en die behoeftes van ander te fokus nie? Wat as daar 'n beter manier was om vir onsself te bid? Wat as daar 'n gebed was wat die wortel van die probleem aanspreek en nie slegs die oppervlak van behoeftes en moeilikhede nie? 

Ons móét vir onsself bid, want om eerlik te wees, ons het baie hulp nodig. Dít waarvoor ons hulp nodig het, is dikwels gewortel in iets baie belangriker – 'n diepgewortelde leuen wat ons oor onsself of God glo, 'n sondepatroon wat ons net nie kan verbreek nie, 'n afgod waarheen ons vir troos en redding gaan. Gebede in hierdie areas van ons lewens is wat werklike verandering sal teweegbring. Dit beteken nie dat daar nie 'n tyd is om te bid vir fisieke behoeftes en die verskeidenheid uitdagings wat ons elke dag moet trotseer nie, maar dikwels strek die behoefte veel dieper.

Waarvoor word daar gebid in vandag se Bybelgedeeltes? Hoe spreek hierdie gebede die dieper behoefte in óns aan? 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How Then, Shall We Pray?

Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons deur die voorbeeld werk wat Jesus vir ons in die Ons Vader gegee het, sal ons verskillende elemente van gebed ondersoek en sal jy maniere ontdek om jou eie gebedslewe te ontwikkel.

More

Ons wil graag vir World Team bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://us.worldteam.org