Hoe Moet Ons Bid?Voorbeeld

How Then, Shall We Pray?

DAG 2 VAN 6

"Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel."

Ons het 'n diep verlange om te sien dat God se koninkryk op aarde gevestig word. Is dit nie hoekom ons by bediening betrokke is – om sy koninkryk uit te brei nie? Watter krag het ons tog nou eintlik om enigiets te doen? Ons lees in die evangelie van Matteus dat Jesus gesê het dat Hy sy kerk sal bou. Ons gaan nie sy kerk bou nie, Hý sal. Ons kan wel deur middel van gehoorsaamheid en gebed daarmee help.

Deur gebed het ons direkte toegang tot die Here en sy mag, en slegs deur Hom sal mense verander en sal sy koninkryk kom. Ons sien baie voorbeelde regdeur die Bybel van mense wat vir hul volk en vir andere bid en hoe die Here op verstommende wyse reageer – maniere wat baie kragtiger is as wanneer die biddende persoon probeer het om iets op sy of haar eie te doen. 

Volgens ons word gebed dikwels nie erken vir wat dit werd is nie. Per slot van rekening, wanneer ons klaar gebid het, wat het ons nou eintlik gedoen? Ons begeerte om dinge te doen en resultate te sien, kan ons verblind vir die feit dat gebed seker die belangrikste daad is wat ons in 'n dag kan verrig. Deur gebed het ons toegang tot die mag en gesag van die Vader, wat ons nooit op ons eie sou hê nie. Ons verkry toegang tot sy hulpbronne wat ons nooit op ons eie sou kon versamel nie. Verder nog, deur hierdie gebede, versit die Here berge en verander Hy mense, dinge wat ons nooit met ons eie kragte sou kon doen nie.

Wat is van die aspekte in vandag se Bybelgedeeltes waarvoor mense God se optrede versoek in gebed?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How Then, Shall We Pray?

Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons deur die voorbeeld werk wat Jesus vir ons in die Ons Vader gegee het, sal ons verskillende elemente van gebed ondersoek en sal jy maniere ontdek om jou eie gebedslewe te ontwikkel.

More

Ons wil graag vir World Team bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://us.worldteam.org