Die Karakters van Paasfees: Simon PetrusVoorbeeld
Ons weet nie waarheen Petrus gegaan het nadat hy Jesus verloën het nie. Hy was nie saam met Johannes en Maria, Jesus se ma, aan die voet van die kruis terwyl Jesus gesterf het nie. Hy is heel waarskynlik ook nie weer terug huis toe nie.
Wat ons wel weet, is dat die volgende paar dae vir Petrus baie moeilik moes gewees het. Gebroke weens sy gedrag die nag van Jesus se inhegtenisneming en onseker oor die toekoms, staan Petrus voor 'n afgrond van onsekerheid. Die koning wat hy aangeneem het God se koninkryk sou kom vestig en die Romeine omverwerp, was nou aan die ontbind in 'n geleende graf.
Tensy dit natuurlik nie so was nie.
Petrus se ellende op die Sondagoggend is onderbreek deur 'n onverwagse besoek van 'n uitasem groepie vroue, gelei deur Maria Magdalena en Maria, Jesus se moeder. Hulle kon die woorde skaars uitkry. Wat hulle gesê het, het gek geklink. Nee, eintlik was dit absurd. Jesus se liggaam is weg? Dit was onmoontlik. Die graf is deur streng Romeinse veiligheid bewaak. 'n Swaar klip het die ingang verseël. O, en dan is daar hierdie klein besonderheid dat dooie liggame nie sommer weer opstaan nie. Die vroue was egter ernstig. Hulle het ook 'n spesiale boodskap vir Petrus gehad. Markus skets 'n toneel by die graf waar 'n jong man, geklee in lang wit klere, vir Maria aanspoor: "Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus ..." (Markus 16:7).
Vir Petrus. Hierdie twee woorde het Petrus laat opspring en na die grot toe hardloop waar Josef van Arimatea, 'n ryk weldoener, betaal het om Jesus te begrawe. Met Petrus se aankoms, sien hy wat die vroue pas gesien het: 'n leë graf, 'n klip wat weggerol is en, meer veelseggend, Jesus se opgevoude grafklere.
Die verhaal van Petrus bereik 'n hoogtepunt in 'n toneel wat Johannes skets: 'n gebeurtenis op die strand wat byna heeltemal ooreenstem met die beskrywing wat Lukas ons gee aan die begin van Petrus se reis saam met Jesus. Dit is nie 'n fout nie, ook nie per toeval dat die Meester sy drie jaar saam met Petrus met dieselfde wonderwerk beëindig nie: 'n vrugtelose dag van visvang, 'n onwillige uitgooi van die nette om Jesus tevrede te stel en dan — 'n bootvrag vol vis.
Christus soek steeds vissers van mense, leiers met gebreke. Hier sien ons God se weergalose, oneindige liefde. Ons faal Hom, maar Hy faal ons nooit nie. Ons vergeet Hom, maar Hy vergeet ons nooit nie. Ons streef na ander liefdes, maar Hy bly getrou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en leë graf. Kom saam met die skrywer, Daniel Darling, op hierdie 10-dag leesplan om die lewe van Simon Petrus, 'n onwaarskynlike karakter wat deel is van Jesus se verhaal, te ontdek.
More