Die Karakters van Paasfees: Simon PetrusVoorbeeld
Na die paasmaaltyd het Jesus vir Petrus, Jakobus en Johannes gevra om saam met Hom na die tuin van Getsemane te gaan. Al was dit so laat, het Hy hulle gevra om vir Hom te wag terwyl Hy 'n entjie verder gaan bid het. Hulle was moeg, want dit was al baie laat. Stel jou voor hoe die tuimeltrein van gebeure oor die afgelope paar dae vir Petrus moes ingehaal het. Hy moes waarskynlik ook nog die ontstellende woordewisseling met Judas verwerk. Die vriend wat hy vertrou het, wat vir drie jaar sy-aan-sy by hulle was en wat alles prysgegee het, sou Jesus nou verraai. Hy wou dit nie glo nie. Petrus het onbewus aan die slaap geraak, net om wakker te word by die aanskoue van 'n bleek, vermoeide Jesus, met trane soos druppels bloed wat oor sy wange rol. Sy woorde het Petrus se siel deurboor: "Simon slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie?"
Skielik marsjeer soldate die donker tuin binne. Daar is fakkels en swaarde. En ... Judas, hulle vriend, omhels Jesus in 'n finale, sieklike vertoning met die soen van verraad. Petrus was so woedend, die adrenalien het gevloei. Sy wêreld het begin tol en sy lewe het uitmekaar geval. Dit was so onregverdig. So verkeerd. Daarom het hy lomp 'n swaard gegryp en die oor van die hoëpriester se dienaar afgekap. Jesus het egter nie Petrus se verdediging aanvaar nie, maar die oor van sy vyand genees.
Ons word in Matteus 25 en Markus 14, vertel dat die dissipels daarna uitmekaar gespat het. Petrus en Johannes het nog vertoef en het met behulp van Johannes se kontakte die binnehof ingekom waar die geheime en onwettige verhoor van Jesus in Ananias se huis plaasgevind het. Moes Petrus daarheen gegaan het? Wat anders kon hy doen? Hy moes 'n manier kry om naby Jesus te wees, om Hom te beskerm, om vir Hom te veg, om sy lojaliteit te betoon.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Petrus was maar net 'n visserman vanuit die afgeleë gebied van Galilea. Jesus het hom egter geroep en hy het die rots geword waarop die kerk gebou is. Hy was 'n getuie van die lewensbelangrike gebeure van die kruis en leë graf. Kom saam met die skrywer, Daniel Darling, op hierdie 10-dag leesplan om die lewe van Simon Petrus, 'n onwaarskynlike karakter wat deel is van Jesus se verhaal, te ontdek.
More