Om die Oorlog in Jou Gedagtes te WenVoorbeeld

Winning the War in Your Mind

DAG 6 VAN 7

Kom ons kyk terug na Paulus. Hy is in die tronk. Nie vir 'n misdaad nie, maar omdat hy oor Jesus gepraat het. Hy mag tereggestel word. Hy skryf aan sy vriende in Filippi, "Wees altyd bly in die Here" (Filippense 4:4). Dan klink hy soos jou mamma, want hy herhaal homself, net ingeval jy nie luister nie. "Ek herhaal: Wees bly!" 

Dit is 'n ideale vers vir 'n koffiebeker met 'n mooi lettertipe: "Wees altyd bly in die Here!" Dit is ideaal vir 'n yskasmagneet. Sit dit op 'n groetekaartjie? Natuurlik! Dit laat jou geestelik klink as jy vir jou vriende sê, "Wees altyd bly in die Here!"

Kan ek eerlik wees: Ek haat dit wanneer mense daardie vers vir my aanhaal.

Wanneer ek midde-in 'n moeilike situasie is, of ek het 'n papwiel en dit is 39 grade daar buite, of ek het pas uitgevind ek moet 'n tand laat trek, of dat my kind siek is. "Craig, jy moet net altyd bly wees in die Here!"

Een rede waarom ek dit haat, is omdat ek altyd wonder oor die persoon wat dit sê. Verbly jy jou altyd in die Here? Regtig? Jy mag dalk ook oor Paulus wonder. Hy het vir mense gesê om in die Here bly te wees terwyl hy in die tronk was! 

Het hy hom egter in die Here verbly toe hy in die tronk was? Hy het.

Paul was saam met sy vriend Silas.

Kan jy hulle voorstel? In die tronk gegooi, op die koue, harde vloer met oop wonde geland, miskien met 'n gebreekte neus, 'n paar gebreekte ribbes. Geen dokter, verpleegster, pleisters, of pynpille nie. 

Was jy al daar? Miskien het jy die grond getref toe jy uitvind iemand wat jy liefhet het kanker of dat jou kind dwelms gebruik of dat jou huweliksmaat jou verneuk. Wat doen jy in daardie tragiese oomblikke?

Wat het Paulus en Silas gedoen? Hulle het God geloof.

Wat het Paulus in die tronk gedoen? Hom altyd verbly.

Eerstens, hulle het God geprys vir die wie, nie die waarvoor nie. Hulle was bebloed en in die tronk vasgebind. As jy hulle kon vra: "Waarvoor prys jy God?" dink ek nie daar was enige "waarvoor" wat hulle sou kon uitwys nie. Niks goeds het gebeur nie, maar hulle God was steeds goed. Hulle het God nie geprys vir die waarvoor nie. Hulle het Hom geprys vir die wie. Jy kan dit ook doen. 

Jou omstandighede mag dalk sleg wees, maar jou God is steeds goed. Hy is naby, sy beloftes is steeds waar, sy liefde steeds onvoorwaardelik, sy genade steeds verstommend, sy tydsberekening steeds perfek. Jy mag dalk nie hou van wat aangaan nie, maar jy kan God steeds prys vir wie Hy is.

Tweedens, het hulle God geprys voordat Hy voorsien het. So dikwels is ons traag om God te prys totdat Hy voorsien in wat ons wil hê. Dink daaraan. Klink dit nie soos 'n eie-geregtigde klein bogsnuiter nie? Ek sal nie dankbaar wees totdat ek presies gekry het wat ek wil hê nie. Ons is beter as dit en, belangriker, God verdien beter. Paulus en Silas het God geprys voordat Hy hulle gebede verhoor het of hulle omstandighede verander het. Dit is die soort mens wat ek wil wees.

Derdens, hulle het God geprys en toe het Hy opgedaag. Paulus en Silas het God in die middel van die nag aanbid en — siedaar! — God het opgedaag.

Skielik was daar 'n massiewe aardbewing en die tronk is tot in sy fondamente geskud. Al die deure het dadelik oop gevlieg en die kettings van elke gevangene het afgeval! Handelinge 16:26

Hulle het God nie geprys omdat Hy opgedaag het nie; God het opgedaag omdat hulle Hom geprys het. 

Wanneer ons Hom prys, sal Hy opdaag. Wanneer Hy opdaag, sal dit ons denke verander. As ons ons gedagtes verander, verander ons ons lewe. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Winning the War in Your Mind

Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag Bybelleesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.craiggroeschel.com