Om die Oorlog in Jou Gedagtes te WenVoorbeeld

Winning the War in Your Mind

DAG 5 VAN 7

Jy kan nie beheer wat met jou gebeur nie, maar jy kan beheer hoe jy dit sien.

Die GVAT (Grootste Van Alle Tye) persoon om dinge te herformuleer, was die apostel Paulus. Paulus het 'n strategiese plan gehad om die evangelie te versprei – gaan na Rome toe.

As hy by Rome kon uitkom en Jesus daar aan die leiers kon verkondig, kan die stad 'n lanseerplatform word vanwaar die evangelie regoor die wêreld kan versprei.

Toe Paulus egter uiteindelik in Rome aankom, was dit nie om Jesus met regeringsamptenare te deel nie. Hy het as 'n gevangene daarheen gegaan. Hy was onder huisarres, vasgeketting aan 'n roterende afdeling wagte en afwagtend vir 'n moontlike teregstelling. Paulus het vir 'n geleentheid gebid, maar dit het nie gebeur nie.

Paulus se omstandighede was buite sy beheer. Omstandighede is byna altyd buite ons beheer.

Jy was waarskynlik al waar Paulus was.

Jy het al gedink, as ek net hierdie graad kry, sal ek daardie werk kry. Jy het die graad gekry, maar nie die werk nie. Jy het beplan om teen hierdie tyd al getroud te wees, maar jy het nog nie die regte man of vrou gevind nie. Of, jy het die regte persoon gevind en getrou, maar alles het skeefgeloop. Dit was nie hoe die lewe veronderstel was om te verloop nie. Jy bid al jare lank vir jou verlore kind, maar God het nog nie daardie gebed beantwoord nie.

Paulus was in dieselfde situasie – in omstandighede wat hy nie wou hê nie en nie kon beheer nie. Hy het aan die kerk in Filippi geskryf oor wat met hom gebeur het. Wat kon hy gesê het? 

Hy kon geskryf het, "Nou wil ek hê julle moet weet, broers en susters, dat wat met my gebeur het, regtig aaklig is. Ek wou die goeie nuus versprei deur vir die regeringsamptenare te preek, maar dit het nie gebeur nie. As gevolg van hierdie hel waardeur ek gegaan het, het ek besluit dat gebed nie werk nie, en ek gaan nooit weer terug kerk toe nie."

Dit is egter nie wat Paulus geskryf het nie. Dit kon gewees het, maar was nie. Onthou, Paulus kon nie beheer wat met hom gebeur het nie, maar hy kon beheer hoe hy dit vir homself formuleer. Dit is wat hy in werklikheid aan die Filippense geskryf het:

"Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek 'n gevangene is. Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig." Filippense 1:12–14

Paulus het in wese gesê, "Ek het 'n plan gehad, maar God het 'n beter plan gehad! Dit is 'n heel ander manier om die evangelie te versprei as wat ek gedink het. God het my geseën met tronkwagte wat aan my vasgeketting is. Hulle het geen ander keuse as om na my te luister terwyl ek hulle van Jesus vertel nie! Hierdie soldate het die oor van invloedryke leiers! Verder nog, elke agt uur ketting hulle 'n nuwe wag aan my! En hulle dink ek is die gevangene. Ha! God beweeg. Ek kan nie wag om te sien wat Hy volgende gaan doen nie!"

Jy kan nie beheer wat met jou gebeur nie, maar jy kan beheer hoe jy dit sien. Daarom is die derde hulpmiddel om jou denke te verander, die Beginsel om te Herformuleer: Herformuleer jou denke en herstel jou perspektief. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Winning the War in Your Mind

Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag Bybelleesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus www.craiggroeschel.com