Om die Oorlog in Jou Gedagtes te WenVoorbeeld
In Matteus 4 lees ons van Jesus, wat na sy doop woestyn toe is waar Hy vir 40 dae en nagte gevas het. Dit was toe dat Satan gekom het om Jesus te versoek.
Omdat hy geweet het dat Jesus honger moes wees, sê Satan vir Hom om die klippe in brood te verander. Net soos wat hy met Adam en Eva gedoen het, het Satan probeer om Jesus so ver te kry om iets te doen wat nie deel van God se plan vir sy lewe was nie. (Dis presies wat Satan met jou ook doen.)
Jesus het geantwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom'" (Matteus 4:4). 'n Aanhaling uit Deuteronomium 8:3.
Satan het besef sy eerste plan het misluk, dus het hy vir Jesus vanuit 'n ander hoek aangeval. (Dis presies wat Satan met jou ook doen.) Dieselfde metode, 'n nuwe poging.
Die duiwel neem vir Jesus toe na die hoogste punt van die tempel in Jerusalem en daag Hom uit om daarvandaan af te spring. Satan besluit toe dat twee mense hierdie speletjie kan speel, en haal Psalm 91 aan:
Daar staan mos geskrywe: 'Hy sal sy engele oor jou opdrag gee' en: 'Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie'(Matteus 4:6).
(Ja, Satan ken ook die Bybel.) Hy wou vir Jesus versoek om te bewys dat Hy waarlik die Seun van God is. Hy wou ook vir God probeer dwing om bewys te lewer van sy liefde en sorg.
Jesus was onbeweeglik en het eenvoudig geantwoord: “Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie" (Matteus 4:7). 'n Aanhaling uit Deuteronomium 6:16.
Dit het ook nie gewerk nie, dus het Satan 'n ander manier probeer om sy pad na Jesus se denke oop te grawe. (Weer eens, dis presies wat Satan met jou doen.)
Hy neem vir Jesus toe na 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en bied dit alles vir Hom aan indien Jesus sou neerval en hom aanbid. Jesus het nou genoeg gehad en beveel hom: “Gaan weg, Satan!" Hy haal toe Deuteronomium 6:13 aan: "Want daar staan geskrywe: 'Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien'" (Matteus 4:10.)
Moet ons nie dieselfde benadering as Jesus volg nie?
Drie keer, in drie afsonderlike gevalle en versoekings het Jesus Satan se leuen ontbloot en die waarheid van die Woord van God toegepas, wat Hy gememoriseer het sedert Hy 'n jong, Joodse seuntjie was.
Die eerste hulpmiddel waarvan ek dus geleer het om my denke mee te vernuwe en my lewe te verander, was die geginsel van vervanging: verwyder die leuens en vervang dit met waarheid. As jy eers hierdie hulpmiddel, hierdie wapen, verstaan, kan jy begin om dit gereeld te gebruik om jou denke en jou lewe te verander.
Jesus se duidelike voorbeeld, uitgebeeld in Matteus 4, is hoekom dit noodsaaklik is om die Bybel te ken. As navolgers van Christus, prioritiseer ons Bybellees, luister na Bybelonderrig, skakel by Bybelstudies in en kry die Woord van God in ons harte sodat ons die swaard teen die vyand se leuens kan gebruik.
Aangaande hierdie leesplan
Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag leesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.
More