Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Om te verlang na Geestelike Groei
Die apostel Petrus vergelyk sy lesers met pasgebore babas. Hierdie beeld word dikwels in die Nuwe Testament gebruik, omdat geestelike hernuwing figuurlik gesproke "'n nuwe geboorte" genoem word. In vandag se verse fokus Petrus nie op hierdie geboorte nie, maar op die nuwe fase van geestelike groei. Wanneer 'n baba pasgebore is, het hy melk nodig. Alhoewel pasgebore babas nog nie verstaan dat hulle voedsel moet inneem om te oorleef en te groei nie, het hulle instinktief 'n "verlange" na melk.
Petrus gebruik dit as 'n voorbeeld vir Christene. Nadat ons weergebore is, het ons geestelike voedsel nodig om in ons geloof te groei. Hierdie geestelik melk word in die Woord van God gevind. Ons moet dit gereeld inneem, nie as 'n las of 'n wet nie, maar omdat dit ons hartsbegeerte is om geestelike voedsel in te neem. Wanneer ons eers "geproe" het hoe goed God is, wil ons meer hê!
Waarom beklemtoon Petrus dan die belangrikheid daarvan om na suiwer geestelike melk te verlang as dit natuurlik kom? Christene dryf soms weg of ons aandag word deur die moeilikhede van hierdie wêreld afgelei. Dan mag ons agterlosig raak en nie meer by ander Christene bymekaar kom nie of vergeet om ons Bybels gereeld te lees. Dit is baie skadelik vir geestelike gesondheid. Daarom moet ons Petrus se raad ter harte neem: "Verlang na suiwer geestelike melk."
Aangaande hierdie leesplan

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
More
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Voltydse Volharding

Staan weer op

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
