Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Jesus Is die Fondament van die Kerk
In Psalm 118:21-23 verwonder die psalmis hom oor hoe God iets gedoen het wat niemand sou verwag nie. Hy was in 'n gevaarlike posisie, omring deur sy vyande, maar God het hom gered en alles reggemaak.
Eeue later sou Jesus hierdie Psalm aanhaal en dit op Homself van toepassing maak:
"Julle het tog al in die Skrif gelees:
'Die klip wat deur die bouers afgekeur is,
juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.
Dit is deur die Here gedoen
en is 'n wonder in ons oë'" (Matteus 21:42).
Jesus het dit aangehaal binne die konteks van die hoë priesters en die skrifgeleerdes wat sy gesag bevraagteken het. Jesus het nie voldoen aan hulle hoop en verwagtinge nie, en daarom het hulle Hom verwerp. Dit sou egter nie God se reddingsplan stuit nie.
Die apostel Petrus verwys na hierdie aanhaling wanneer hy sê dat Jesus die kosbare hoeksteen van 'n geestelike huis is. Ten spyte van die feit dat die geestelike amptenare van sy tyd Hom verwerp het, het Hy regtig die fondament van die kerk geword. Gelowiges is soos lewende stene wat saam een kerk vorm, een heilige tempel. God woon in hulle midde. Terwyl ons sien hoe God se reddingsplan ontvou, eggo ons die psalmis: "Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë!"
Aangaande hierdie leesplan

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 en 3 van Petrus se brief.
More
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Delf dieper deur Romeine

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

Voltydse Volharding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
