Sewe Dae van Bid deur VerliesVoorbeeld

7 Days Of Praying Through Loss

DAG 4 VAN 7

Trek die Skoene van Vrede aan

Kom ons bid:

"Vader, ek trek die skoene van vrede aan terwyl ek die pyniging van hartseer oor wat ek verloor het in die gesig staar. Maak die onstuimige water om my stil, Here. Laat my met die skoene van vrede op die woeste see loop. Spreek oor my, Here, die woorde “Bedaar! Word kalm!” (Markus 4:39 NLV). Vader, laat my u teenwoordigheid as shalom in my hart ervaar. Die storm in my hart voel so geweldig soos 'n storm op 'n see. Ek spreek shalom in my hart, in my verstand en in my emosies. Ek spreek shalom in my voete en in my dade. Laat vrede my verhoed om nog meer pyn en nog meer verlies by hierdie situasie te voeg, deur iets onverstandigs te sê of te doen. In die Naam van Christus. Amen."
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Days Of Praying Through Loss

Sewe Dae van Bid deur Verlies, is 'n spesiale 7-dag veldtog wat ontwerp is om jou gees te versterk en jou hart te bemoedig. Elke dag bevat 'n Skrifgedeelte, spesifiek vir daardie dag se gebed en 'n gebed vir jou om te bid of te gebruik as basis vir jou eie gebed oor daardie dag se onderwerp van herstel van verlies. Gedurende hierdie sewe dae sal jy hoop in die Woord van God vind en bemoediging in die wete dat sy liefde en vertroosting in enige situasie joune is.

More

Baie dankie aan Dr. Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TonyEvans.org