Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAG 28 VAN 39

Jesus het natuurlike menslike ervarings gebruik om ons van Homself te leer.
In die saligspreuke sien ons hoe hy die feit dat ons honger en dors word gebruik om ons te leer oor ons geestelike honger en dors: ons verlangens en begeertes.

Ons is gereeld honger en dors. Ons eet en drink, maar ‘n paar uur later is ons weer honger en dors. Dit is ‘n siklus wat ons nie kan vermy nie. Ons liggaam is voortdurend lus vir eet en drink. Dieselfde geld vir ons geestelike lewe. Ons kan nie een keer bid en ons geestelike verlange vir ewig bevredig nie. Ons kan nie net een dag in Jesus glo en dan vir ewig tevrede wees nie. Ons honger en dors moet daagliks bevredig word.

Daar is sekere uitnodigings op ons reis saam met God wat ons herinner om aandag te gee aan ons geestelike honger en dors. Een daarvan is die nagmaal. Jesus nooi ons om voortdurend die nagmaal te gebruik. Die nagmaal herinner aan ons geestelike honger en dors en dat ons daagliks gevoed moet word. Om daagliks met Hom in verhouding te leef, is die voedsel wat bevredig soos niks anders nie. Jesus is die ware brood van die lewe. Laat Hy die diepste begeertes in jou lewe bevredig.

Ter Nadenke

Wat doen jy daagliks om jou geestelike honger en dors te bevredig?

Gebed

Here, gee my die genade om die verlange van my hart te verwoord.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com