Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld
En die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. Toe het Abram weggetrek soos die Here hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran. (Gen. 12:1-4 AFR53)
• Soos wat die Here Abram geroep het, word elkeen van ons geroep om ‘n taak te verrig.
• Om die stem te hoor wat met jou praat en te verstaan wat dit beteken, is ‘n reis.
• Om ja te sê vir die roeping, beteken ‘n nee vir baie ander geleenthede. Die beloning is egter baie groot. Daar is egter ‘n duur prys te betaal vir ongehoorsaamheid.
Hierdie week word jy genooi om deur die verhale en ontwakings van groot geeste, self tot jou roeping te ontwaak; en om dit te vestig. Jy word uitgenooi om na die preek te luister oor die onderwerp, elke dag die Skrifgedeelte te lees en met die vraag van die dag te leef.
VERWISSELING VAN 'N TEMA DEUR RILKE
'n Sekere dag het vir my 'n teenwoordigheid geword;
daar is dit, ek kom daarvoor te staan — 'n hemel, lug, lig:
'n wese. Voor dit begin neerdaal
vanuit die middaguur, leun dit oor
en slaan my op die skouer soos met
die plat kant van 'n swaard, en skenk my daarmee
die eer om 'n taak te verrig. Die dag se hou
weerklink metaalagtig — of was dit ek, wakker gemaak deur 'n klok, en wat ek hoor is my hele wese wat sê en sing wat dit weet: Ek kan.
- Denise Levertov (uit Engels vertaal)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com