Kyknet Lydenstyd Gids 2022Voorbeeld

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

DAG 22 VAN 39

Die aand voor sy teregstelling, het Jesus vir sy dissipels die kragtige illustrasie gegee van die wingerdstok en die lote (Sien Joh. 15:1-8). “Ek is die wingerdstok,” sê Hy vir sy dissipels; “ ...  julle is die lote” (Joh 15:5). As sy volgelinge, moet hulle “in Hom bly”. Die Griekse woord wat hier gebruik word vir “bly”, word telkens in Johannes se evangelie gevind. Jesus wou nie nét gehad het dat hulle Hom moes dien as dissipels nie; Hy wou gehad het dat hulle in intieme vriendskap saam met Hom sou leef. Dit word selfs duideliker wanneer Hy ‘n paar oomblikke later vir hulle sê, “Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie ... Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het” (Joh. 15:15).

Hierdie beeld van die wingerdstok en die lote, ontbloot die diepte van intimiteit van hierdie Goddelike Vriendskap waartoe ons uitgenooi word. Jesus wil hê sy volgelinge moet in Hom bly, aanbly, vertoef en leef. Aan die begin van die evangelie van Johannes vra twee dissipels vir Jesus: “Waar gaan U tuis?” (Joh 1:38). Hulle wil hulle woning by Jesus maak. Ons word óók genooi om ons woning in Hom te maak, en Hom toe te laat om Syne in ons te maak.

Ter Nadenke 

Neem ‘n paar oomblikke om alleen te wees. Plaas ‘n leë stoel langs joune. Verbeel jou Jesus, jou Goddelike Vriend, sit daar by jou. Deel met Hom wat jy ook al op die hart het. Luister na wat Hy dalk vir jou sê.

Gebed

Here, laat my hart ontwaak tot U uitnodiging na vriendskap.

Die Boodskap vir jou Lewensreis

Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Kyknet Lydenstyd Gids 2022

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.mosaiek.com