Groter BeloningVoorbeeld

Greater Reward

DAG 7 VAN 7

Besluit Oor Jou Dissiplines 

Jy het dit gemaak tot by dag sewe — veels geluk! Jy maak altyd vordering op jou reis om die groter beloning van dissipline na te streef. Dalk begin jy egter om 'n bietjie oorweldig te voel. Miskien het jy besluit op omtrent 30 dissiplines wat jy moet verbeter in jou lewe, maar jy weet nie waar om te begin nie. 

Soos ons genoem het by dag twee, onthou om klein te begin. As jy alles probeer verander op een slag, sal jy heel moontlik gefrustreerd en terug aan die begin eindig. Probeer dus om een area van jou lewe te kies waar jy 'n bietjie meer dissipline kan bou. Dan, nadat jy dit bemeester het, sit 'n ander een by. 

En as jy sukkel met waar om te begin, dink aan hierdie filters: 

1. Is dit belangrik? Kies eerste iets wat die meeste saak maak. Wanneer jy besluit op jou dissiplines, maak seker die eind resultaat is iets betekenisvol. Miskien is dit om meer tyd saam met jou familie deur te bring. Miskien is dit om meer tyd saam met God deur te bring. Of miskien is dit belangrik vir al jou verhoudinge om meer te fokus op jou fisieke gesondheid. Wat ook al die area is wat jy kies, maak net seker dit is 'n area wat vir jou saak maak. 
2. Is dit wys? Nie elke dissipline of gewoonte is die regte gewoonte vir jou nie. Net omdat jy 'n nuwe dissipline kan begin beteken nie noodwendig jy moet nie. Byvoorbeeld, as jy alreeds oorweldig is en gespanne is deur al jou verpligtinge, moet jy nie 'n dissipline maak om iets by te voeg by jou skedule nie. In plaas daarvan, moet jy dalk gedissiplineerd wees om nee te sê vir nuwe verpligtinge. Maak seker dat jou dissipline jou goed dien — en dat dit nie net iets is wat jy kan af merk op 'n lys nie. 
3. Is dit reg? Kies wat reg is bo dit wat maklik is. Ja, jy kan 'n dissipline maak om 'n gek dieet te begin en vinnig gewig te verloor, maar is dit regtig gesond? Is dit regtig volhoubaar? Ja, jy kan finansiële dissiplines maak as jy 'n kompromie aangaan, maar sal jy regtig integriteit daarna hê? Jou dissiplines moet ontwerp wees om goed te doen en om reg te wees. 

In die lig van al daardie filters, oorweeg dit om te investeer in 'n dissipline wat belangrik, wys en reg is. Dit mag dalk 'n lang tyd neem om resultate te lewer, maar die impak om meer gedissiplineerd te word sal die moeite werd wees. Moenie jou lewe toelaat om by verstek te gebeur nie. Kies om jou lewe te ontwerp gebaseer op die uitkomstes en gewoontes wat jou êrens sal kry waar jy wil wees. 

En bowenal, onthou dat dissiplines van God kom. In jou swakheid, word sy krag volmaak gemaak en Hy werk in jou en gee vir jou die behoefte om te doen wat Hom behaag. Wanneer jy dus aanhou om Hom na te streef en te doen wat reg is, sal jou konsekwentheid resultate produseer. Bowenal, sal dit jou help om God te leer ken en die persoon te word wat hy jou geroep en geskape het om te wees. En dit is hoe jy die groter beloning vind. 

Bid: Vader, dankie dat U vir ons 'n gees van selfdissipline gee. Vandag, vra ek U dat U my sal help om elke gedagte gevange te neem en dit onderdanig te maak aan U. Hernuwe my denke met die waarheid van u Woord. Gee my die dissipline en behoeftes om te doen wat U behaag en ander dien. Wys my watter area van my lewe het meer dissipline nodig en gee my die wysheid en moed om te weet hoe om te begin. In die Naam van Jesus. Amen.

Kyk Pastoor Craig Groeschel se begeleidende boodskap reeks, Greater Reward.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Greater Reward

Die dissiplines wat jy vandag ontwikkel bepaal die verhale wat jy môre gaan vertel. Hoe voel jy oor die verhaal wat jy vertel? In hierdie 7-dag leesplan begelei deur Pastoor Craig Groeschel se "Greater Reward" boodskap reeks, sal ons ontdek wat dissipline is, hoekom dit belangrik is en hoe om dit te inkorporeer in ons fisieke, verstandelike en geestelike lewens.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/