Groter BeloningVoorbeeld

Greater Reward

DAG 3 VAN 7

Fisieke Dissiplines 

Gister het ons gepraat oor hoe klein besluite groot resultate oor tyd kan lewer. Een van die areas waar ons dit duidelik kan sien uitspeel in ons lewens is in ons fisieke gesondheid. 

Soveel as wat ons almal 'n magiese program wil hê om onmiddellik ons patrone van ongesonde etes uit te wis of om ons te help om ons ideale gewig en fiksheidsvlak te bereik, weet ons dat om fisiek gesond te wees 'n konsekwente patroon vereis van reg eet en om gereeld te oefen. Om fisiek gesond te wees maak saak want God gee om oor die welstand van ons liggame, denke en gees. Die Skrif beskryf selfs ons liggame as die tempels waarin die Heilige Gees woon: 

"Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik" 1 Korintiërs 6:19-20. 

Fisieke dissiplines moet nie wees oor hoe jy lyk nie, maar dat jy die liggaam wat God jou gegee het versorg. Ons kan vertrou dat dieselfde Gees wat Christus uit die dood opgewek het in ons lewe, en vir ons die behoefte en dissipline gee om God te behaag. 

Wanneer jy dus voel dat jy vasgevang is in 'n groef oor hoe jy jou liggaam versorg, onthou dat jy nie in jou eie krag veranderinge hoef aan te bring nie. Die Gees van God kan jou denke vernuwe, jou behoeftes vervang en vir jou die krag gee wat jy nodig het om te doen wat God jou geroep het om te doen. 

Terwyl jy op dit reflekteer, watter areas van jou fisieke gesondheid kom in jou gedagtes op? 

Miskien probeer jy om gesonder kos te eet sodat jy meer konstante energie dwarsdeur die dag kan hê. Miskien herken jy dat jy meer slaap nodig het sodat jy gefokus kan bly en 'n skerper probleem oplosser kan wees. Miskien moet jy begin oefen sodat jy jou gedagtes kan skoonmaak en jou liggaam kan sterk maak. Wat dit ook al is, koppel jou "wat" met 'n betekenisvolle "hoekom", herken dat al hierdie maniere waarop ons ons liggame versorg, gesien kan word as aanbidding. 

Paulus skryf hieroor in 1 Korintiërs 9 wanneer hy sê: 

Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie 1 Korintiërs 9:24-27. 

Die wedloop waarvan Paulus praat was gebaseer op die Isthmiaanse Spele, wat amper soos 'n moderne Olimpiese Spele sou wees — wat alles behels van wedlope tot gevegte tot selfs musikale kompetisies. Elkeen wat meegeding het moes ywerig oefen vir ten minste 10 maande om in staat te wees om te kan deelneem, en die kompetisie was taai. Paulus se punt is nie dat ons ongelooflike atlete moet wees wat teen mekaar meeding nie, maar ons moet ons geestelike reis sien as 'n wedloop vir 'n beter prys as wat ons ons kan voorstel hier op aarde. 

Een manier waarop ons kan aanhou werk na ons ewige prys is deur ons liggame te versorg en om selfbeheersing te beoefen. Wanneer ons dit doen, groei ons in dissipline en vereer ons God.

Uitdaging: Christus binne in jou is sterker as die verkeerde begeertes binne in jou. Op watter maniere moet jy dus meer gedissiplineerd wees wanneer dit by jou fisieke gesondheid kom? Hoe kan dit jou help om jou geestelike wedloop meer effektief te hardloop as jy jouself dissiplineer in daardie areas? 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Greater Reward

Die dissiplines wat jy vandag ontwikkel bepaal die verhale wat jy môre gaan vertel. Hoe voel jy oor die verhaal wat jy vertel? In hierdie 7-dag leesplan begelei deur Pastoor Craig Groeschel se "Greater Reward" boodskap reeks, sal ons ontdek wat dissipline is, hoekom dit belangrik is en hoe om dit te inkorporeer in ons fisieke, verstandelike en geestelike lewens.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/