Groter BeloningVoorbeeld

Greater Reward

DAG 6 VAN 7

Ons is Almal Gedissiplineerd 

Miskien het jy al so ver gekom en jy voel nie asof jy het wat dit vat om 'n gedissiplineerde persoon te wees nie. Miskien dink jy jy het die verkeerde persoonlikheid tipe vir dit of jy is net nie uitgeknip om gedissiplineerd te wees nie. Ons is egter almal gedissiplineerd. Sommige van ons is net gedissiplineerd in die verkeerde dinge. 

Dink waaraan jy jou tyd bestee. Selfs al bestee jy jou tyd om roomys te eet terwyl jy video speletjies speel of 'n nuwe program kyk is jy nog steeds gedissiplineerd om iets konstant te doen — dit mag dalk net nie die ding wees wat jy jou lewe lank wil doen nie. 

In plaas daarvan, wat as jy klein begin? Wat as jy besluit om net een episode van jou program op 'n slag te kyk? Wat as jy besluit om net een keer 'n week roomys te eet? Dan een keer 'n maand?

Dikwels neem dit pyn in ons omstandighede om ons te oortuig dat die pyn van dissipline eintlik beter vir ons is. Byvoorbeeld, jy mag dalk skade aan 'n verhouding aanrig of dit verloor deur te veel tyd te bestee aan TV kyk. En dit mag jou dalk motiveer om jou gewoontes te verander. Wat as jy egter besluit om gedissiplineerd te wees voor jy nagevolge ervaar? 

Dissipline gaan oor om te kies wat ons die meeste wil hê bo dit wat ons wil hê in die oomblik. Neem dus tyd om regtig te dink wat jy die meeste wil hê. 

Wanneer ons nie weet wat ons in die toekoms wil hê nie, gee ons in vir wat ook al vandag goed klink. Kyk net na wat het met Esau gebeur in die Ou Testament. 

Esau en Jakob was broers, en in hulle dae, het die eersgeborene 'n geboortereg gehad — wat beteken dat hulle pa vir hom 'n spesiale seëning en 'n dubbele porsie van die erfenis sou gee. Esau was die eersgeborene, wat beteken dat hy geregtig was op daardie geboortereg. 

Eendag — 'n dag toe Esau besig was om te jag en moeg by die huis gekom het — het Jakob egter sy broer oortuig om sy geboortereg te ruil vir 'n bredie. Ja. Jy het dit reg gelees.

Voor jy egter vir Esau veroordeel en dink hoe gek dit is — dink oor sommige van jou besluite. Onmiddellike bevrediging is vir ons almal aanloklik. Het jy al ooit iets geruil vir iets wat goed gevoel het in die oomblik? 

Miskien het jy gespaar vir 'n vakansie, maar toe het jy spontaan al die geld spandeer op 'n blits verkoping aanlyn. Miskien het jy 'n verhouding verwoes deur vir iemand wat jy lief het te lieg, net om konflik te voorkom in die oomblik. Wat ook al jou voorbeeld is, ons almal het al ingegee vir oomblikke van onmiddellike bevrediging.

Ons hoef dit egter nie aan te hou doen nie. Ons kan leer van Esau — en van ons eie ervaring in die verlede — en ons gewoontes verander. Die beste tyd om egter gewoontes te verander is vandag. Hoekom? Esau het sy besluite geneem toe hy moeg was en sy aandag afgelei was. As jy dus goeie besluite wil neem en gedissiplineerd wil wees, moet jy vroeg en dikwels besluit dat dit wat jy opgee vir 'n groter doel is. 

Kies vandag die pyn van dissipline bo die pyn van verwyt. En kies die vreugde van 'n groter beloning bo 'n tydelike hoogtepunt. 

Uitdaging: Terwyl jy Esau se verhaal lees, dink aan maniere waarop jy iets kan ruil wat jy die meeste wil hê vir iets wat reg voel in die oomblik. Hoe kan jy ophou om in te gee vir onmiddellike bevrediging en begin om eerder dissipline te ontwikkel? 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Greater Reward

Die dissiplines wat jy vandag ontwikkel bepaal die verhale wat jy môre gaan vertel. Hoe voel jy oor die verhaal wat jy vertel? In hierdie 7-dag leesplan begelei deur Pastoor Craig Groeschel se "Greater Reward" boodskap reeks, sal ons ontdek wat dissipline is, hoekom dit belangrik is en hoe om dit te inkorporeer in ons fisieke, verstandelike en geestelike lewens.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/