Stryd in jou Denke OordenkingVoorbeeld

Battlefield of the Mind Devotional

DAG 10 VAN 14

Wees Versigtig Wat Jy Dink

As jy die stryd in jou denke wil wen en jou vyand verslaan, is dit uiters belangrik waarop jy fokus. Hoe meer jy God se woord oordink, hoe sterker sal jy word en hoe makliker sal jy oorwinnings behaal.

Te veel Christene ken nie die verskil tussen Bybeloordenking en Bybellees nie. Hulle dink graag dat, wanneer hulle God van Woord lees, hulle die diep dinge van God inneem. Diegene wat egter God se woord oordink is hulle wat dink -- en ernstig peins -- oor wat hulle lees.

Hulle mag dit dalk nie so stel nie, maar hulle sê: "Vader, praat met my. Leer my. Terwyl ek u woord oordink, openbaar dan die dieptes daarvan aan my."

In vandag se Skrifgedeelte het ek uit Psalm 1 aangehaal. Hierdie Psalm begin met 'n definisie van 'n persoon wat geseënd is en beklemtoon dan die korrekte optredes van daardie persoon. Die Psalmdigter skryf dat diegene wat die woord oordink--en dit dag en nag doen--soos vrugbare bome is...en alles wat hulle doen sal voorspoedig wees.

Die Psalmdigter maak dit baie duidelik dat die oordenking van God se woord resultate oplewer. Terwyl jy nadink oor wie God is en wat Hy vir jou sê, sal jy groei. Dis eintlik so eenvoudig. As jy oor God se liefde en krag lees en jou gedagtes toelaat om daarop te fokus, is dit wat in jou gaan werk.

Wees versigtig waaroor jy dink. Hoe meer goeie dinge jy oordink, hoe beter sal jou lewe wees. Hoe meer jy oor Jesus Christus dink en die beginsels wat Hy ons leer, hoe meer word jy soos Jesus en hoe sterker word jy. En soos jy groei, begin jy om die stryd in jou denke te wen.

Bid: Here God, help my om aan die dinge te dink wat U eer. Vul my lewe met 'n honger na meer van U en u Woord, sodat ek in alles voorspoedig mag wees. Ek vra dit deur Jesus Christus. Amen.

Uit die boek "Battlefield of the Mind Devotional" deur Joyce Meyer. Kopiereg © 2005 deur Joyce Meyer. Uitgegee deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Battlefield of the Mind Devotional

Die lewe kan ons soms onkant vang. Wanneer 'n gedagtestryd ontwikkel, sal die vyand elke wapen in sy arsenaal gebruik om jou verhouding met God te verswak. Maar jy hoef nie sy slagoffer te wees nie. Hierdie oordenking sal jou toerus met besielings van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel...noem maar op, te oorwin. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot waarmee hy probeer om jou te verwar en leuens aan jou te vertel. Dit sal jou help om sy vernietigende denkpatrone die hoof te bied, oorwinning te kry deur jou denke te herskep, krag te kry en bemoedig te word, en nog meer belangrik, om oorwinning oor elke gedagtestryd te kry. Jy het die krag om hom te beveg en dis belangrik dat jy dit doen...selfs as dit net een dag op 'n slag is!

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.joycemeyer.org