Every Nation Faith City - StemmeVoorbeeld
Dag 4 – Stemme en Keuses
Dit is duidelik dat ons as Christene nodig het om daagliks na God se stem te luister. In 'n groot skare kan ek baie makliker die stem van 'n bekende hoor, teenoor die stem van 'n onbekende. Dit gaan nie oor die baie stemme om my nie, dit gaan oor die een spesifieke stem waarmee ek bekend is.
Hier is ʼn paar praktiese wenke oor hoe om beter na God se stem te luister:
1. Leiding deur sy Woord.
Wat sê God deur sy Woord?
Ons moet eers die Woord van God in ons lewens vestig voordat ons enige ander stemme aanvaar. Alles wat ons weet en ervaar moet ons aan die hand van God se Woord meet. Ons moenie mislei word deur ander mense se openbarings en opinies nie, maar ons moet self ʼn persoonlike ontmoeting met God deur sy Woord hê.
2. Leiding van die gawes van die Gees en Goddelike raad van leiers, vriende en familie.
Ons is nie alleen nie. Oral in die wêreld is daar goeie leiers en toegewyde kerke om jou te help met jou geestelike groei. Maak gebruik van die opdragte wat ons in die Woord van God kry aangaande gesonde leierskap deur deel te raak van ʼn aktiewe kerkfamilie.
3. Vrede deur die leiding van die Heilige Gees.
God praat met ons deur sy vrede. Die Hebreeuse term vir die woord ‘vrede’, is shalom, dit word gedefinieer as: geen tekort, om heel te wees, harmonie, welvaart, welsyn en volledigheid. Ons as gelowiges moet dit ingedagte te hou. Met Jesus Christus as ons Here en Verlosser en deur die leiding van die Heilige Gees, kan ons hierdie vrede ervaar terwyl ons bid, in die wete dat God ons lei.
Dankie dat u hierdie dagstukke saam met ons gelees het.
Hier by Every Nation Faith City sal ons graag saam met jou wil bid. As jy dus gebed nodig het, moenie huiwer om ons te kontak nie.
Indien jy meer wil leer oor hoe om God se stem te hoor, kan jy ons volledige preekreeks oor Stemme hier kry.
As jy belangstel in Pieter Coffee se boek, kan jy dit hier kry.
Aangaande hierdie leesplan
Stemme is oral om ons, en elkeen soek ons aandag. Daagliks word ons gekonfronteer met baie verskillende stemme, asook die keuse, na wat se stem luister ek vandag? In hierdie tyd van toewyding gaan ons kyk hoe om die stem van God beter te hoor!
More
Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za