KERSFEES: God se Reddingsplan VerwesenlikVoorbeeld

CHRISTMAS: God's Rescue Plan Realised

DAG 2 VAN 14

Is jy gereed om verstom te staan? Luister hierna:

Terwyl die Ou Testamentiese profeet Daniël eendag gebid het, het die engel Gabriël hom besoek en vir hom gesê dat die tyd tussen die uitvaardiging van die Persiese dekreet om Jerusalem te herbou, en die koms van die Messias, 483 jaar sou wees.

Dit is waarskynlik dat die dekreet waarna Daniël verwys, dié van Artasasta in 445 v.C. was (Nehemia 2:1-6), aangesien dit die een is wat spesifiek praat oor die herbou van die stad Jerusalem. As dit so is, dan voorspel dit dat die Messias (die “Gesalfde”) as heerser in 38 n.C. sal kom.

Die gedeelte noem egter ook dat Hy nie soseer as heerser op daardie tydstip sal kom nie, maar dat hy dan "doodgemaak" (Daniël 9:26) sal word, naamlik in 38 n.C.

Dit is 'n buitengewoon akkurate profesie van Jesus se dood.

Dus, God het sy planne noukeurig uitgelê … om vir jou te kom.

Gebed

Liewe Vader,

U liefde vir my en vir u hele skepping is voortdurend en wonderlik.

Al wat ek in reaksie kan doen, is om op my knieë te gaan en U met my hele hart te dank.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

CHRISTMAS: God's Rescue Plan Realised

Die valse gode wat deur die mensdom bedink is om definisie te gee aan 'n god wat hulle geweet het moet bestaan, was nie verbasend nie ... baie soos die mensdom. Hulle moes deur dade van toewyding oorgehaal en omgekoop word om van ons kennis te neem. Die een ware God het egter die inisiatief geneem en ons uitgesoek — om ons na Homself terug te red. Dit is die Kersverhaal.

More

Bybelgenootskap van Australië